Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Angelica se plek => Topic started by: Angelica on April 27, 2011, 09:42:56 AM

Title: Richtersveld..
Post by: Angelica on April 27, 2011, 09:42:56 AM

Klip op klip
lawa gestol tot ysterklip
graniet, marmer en kwartsiet
ook dolomiet

en stil
met tyd
sonder taal of skuif
word oerklip klipwoestyn

Die mis vanuit die Benguela-stroom
sleep sy nat tone oor 'n dorstig landskap,
bos, gousblom en veld
bo-oor Kamassies, Spoegberg, Klipfontein,
Moedverloor se vlakte
'n lafenis voor die bakoond dag
'n halfmens smeek na bo
vir nog 'n bietjie vog

'n Boerbok se bler verdwaal
tussen swart verbrande rante
waar 'n kras son klippe kraak
middaghitte laat drogbeelde dans
en die anoreksiese skadu's
word deur elke wese geannekseer
selfs 'n geitjie soek 'n skadukol
in die bars van 'n rooibruin rots

'n Swanger stilte slaan sonbesie skril
teen jou oordrom

Wie weet
dalk sien jy ook die diamant se blink
in die bar van 'n klipwoestyn

++++
Title: Re: Richtersveld..
Post by: PM on April 27, 2011, 09:54:12 AM
Dit is pragtig.  Jy neem my op 'n toer met jou woorde en die heimwee klop fel aan my gemoed.  Ek verlang ook na jou. 
Dit is pragtig.   :notworthy:
Title: Re: Richtersveld..
Post by: Naas on April 27, 2011, 10:53:43 AM
'n Foto-album vir my gegee
Ek lees en dors na meer.

Dis asof ek self in daardie woesterny staan.

Ek het begin dig omdat ek nie 'n kamara by my gehad het nie en beelde wou onthou. Hierdie gedig is vir my 'n album in die kleine.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Richtersveld..
Post by: PM on April 27, 2011, 11:08:43 AM
en ek lees dit ook weer 'n keer en smag ook na meer!   

Title: Re: Richtersveld..
Post by: Louis on May 21, 2011, 07:53:34 PM
dit is nou n ongelooflike gedig oor n ongelooflike pragtige plek
Title: Re: Richtersveld..
Post by: adele on May 24, 2011, 08:22:35 PM
hier knieknik ek stom en wag-
 
selfs 'n geitjie soek 'n skadukol
in die bars van 'n rooibruin rots-

elke beeld is 'n prentjie geraam

 :grommit:
Title: Re: Richtersveld..
Post by: Fransi on June 15, 2011, 09:58:36 AM
Besonders geskryf. Hier haal ek my hoed af en lees en herlees.
Title: Re: Richtersveld..
Post by: bloubefoeterd on July 17, 2011, 07:21:08 PM
Briljant
Title: Re: Richtersveld..
Post by: PM on July 18, 2011, 08:35:33 AM
Ek wil ook nog 'n eiertjie lĂȘ.  Dit is 'n besonderse gedig.   :hello2: