Die Afrikaanse Forum

Die Biblioteek => Nuwe woordskeppings => Topic started by: adele on November 19, 2011, 08:01:05 PM

Title: slaaptyd
Post by: adele on November 19, 2011, 08:01:05 PM
hoor ek buurtannie vanoggend vertel, sy was gisteraand so moeg, sy het die son met klippe gegooi sodat hy moet gaan slaap sodat sy ook naar bed toe kan skuif.
Title: Re: slaaptyd
Post by: Lox on November 19, 2011, 08:42:27 PM
in ons jong dae was dit die jong getroudes wat die son in die somer met klippe gegooi het sodat dit donker kan raak..........
Title: Re: slaaptyd
Post by: PM on November 20, 2011, 07:45:49 AM
 :icon_biggrin: dan het die ou omies wat so 'n jong bokkie gevat het, op die stoep gesit met sy kop in sy hande en 'n groot sug...
"ag jaaaaa, daar sak hy alweer!"  :icon_biggrin:
Title: Re: slaaptyd
Post by: Angelica on November 21, 2011, 07:59:28 PM
Whaaaa...  simpel vroumens wat 'n ou bok vat wat aand na aand met sy kop tussen die hande sit en sug.
Title: Re: slaaptyd
Post by: PM on November 21, 2011, 08:40:08 PM
Hê-hê Ellé, dit is makliker om jou eie baas te wees.  Geen huisskoonmaak nie,  koskook, skottelgoed of wasgoed was en stryk nie!    :icon_biggrin: