Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Die kiekiekyk plek => Topic started by: Lox on November 13, 2011, 06:14:25 PM

Title: sneeu
Post by: Lox on November 13, 2011, 06:14:25 PM
toe dit begin ooptrek so tussen half 4 en 4 uur het ek die afgeneem. dis nou net na 6 en amper al die sneeu is weg. vanoggend 11 uur was die sneeu heelwat dikker as op die fotos


(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/plaas/04sneeu.jpg)

kyk die groen wingerd wat wys dit moet somer wees

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/plaas/05sneeu.jpg)

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/plaas/03sneeu.jpg)
Title: Re: sneeu
Post by: Angelica on November 13, 2011, 06:20:54 PM
Nooit!! 
Sneeu?  Maar ek moet se, dit was ook vriesend hier in Durbanville.
Watter berge is dit, Lox?
Title: Re: sneeu
Post by: Lox on November 13, 2011, 06:35:00 PM
dis die olifantsberg tussen Worcester en Wolseley.
Title: Re: sneeu
Post by: PM on November 13, 2011, 08:05:58 PM
Goeiste!  Ek het verlede winter belowe om nie oor die hitte te kla hierdie somer nie, maar ek sou nou regtig nie omgegee het as daai sneeu hier op ons berg gelê het nie. 

Hier teen half drie vanmiddag het ons 8 duim reën gehad.  Die druppeltjies agt duim uitmekaar!  Dit is droog en warm. 

Dankie vir die mooi foto's Lox.  Dit is regtig mooi.  Hoe beinvloed dit nou die druiwe?
Title: Re: sneeu
Post by: Lox on November 13, 2011, 08:54:15 PM
die koue is ok ek glo nie dit sal ryp nie gelukkig reën ook gehad wat die grond nat hou en ryp gevaar verminder. die nattigheid kan dons skimmel laat versprei maar ons spuit maar soos dit moet teen dit en glo dit sal help.
Title: Re: sneeu
Post by: Meraai vannie Baai on November 14, 2011, 01:32:21 AM
Sjieeeeee! Moeder Natuur gooi tiekiedraaie deur die seisoene ne! Pragtige fotos Stoffel  :notworthy:
Title: Re: sneeu
Post by: PM on November 14, 2011, 07:30:57 AM
Ek het al gewonder of dit iets met die tsoenami te doen het. 
Title: Re: sneeu
Post by: Chichi on December 27, 2011, 06:05:20 PM
Baie mooi fototjies!!! Ai ek het daai bergies al gesien!
Title: Re: sneeu
Post by: AB on March 04, 2012, 07:35:22 PM
Baie mooi fototjies!!! Ai ek het daai bergies al gesien!

min plekke met sulke mooi berge

baie mense wat nog nie hier was nie glo idt nie as ons seg die berge is blou nie.
sommige aande is die berge pienk en pers ook.
Title: Re: sneeu
Post by: PM on March 05, 2012, 05:05:08 AM
Ek is dankbaar dat hier so baie van jou foto's op is AB.  Dit bly maar pragtig.
Title: Re: sneeu
Post by: Fransi on March 05, 2012, 07:16:45 AM
Besonders mooi.
Title: Re: sneeu
Post by: AB on March 05, 2012, 11:15:39 AM
Ek is bly dat daar so baie van my fotos op die forum is want sommiige het verband.

Sal mettertyd weer opsit

Ons pars dat dit bars tyd is skraps nou.