Hier volg 'n kort verduideliking van metrum en versvoete.
Prosodie is die leer van maat of ritme – studie van taalritme.
Ritme kan enige patroon aanneem.
In digkuns (poësie) word ritme metrum genoem. Metrum het 'n gestandaardiseerde, vasgestelde patroon of "ritme"
Dit word saamgestel of gegroepeer deur beklemtoonde en onbeklemtoonde lekkergrepe.
(In Engels word die beklemtoonde lettergreep met 'n (S) en die onbeklemtoonde lettergreep met 'n (U) aangetoon.)
Metriek (die maatsoort waarin 'n versreël geskryf is), is 'n baie belangrike faktor in poësie. Hier speel die rympatroon ook 'n groot rol om die gedig ritmies en vloeibaar te maak.
Meter is gebasseer op beklemtoonde en onbeklemtoonde lettergrepe. (Sillabes)
Die nadruk (beklemtoning) van lettergrepe kan in drie dele opgedeel word.
1) Digters plaas die klem op woorde soos wat dit in die normale taalgebruik voorkom
2) Digters plaas klem op woorde of lettergrepe wat hulle wil uitlig of benadruk (beklemtoon)
3) Hulle span digtersvryheid in om die lettergrepe wat die ritme bewerkstellig só toe te pas dat dit die ritme komplimenteer.
Wanneer 'n digter kinderversies skryf, kan gebruik gemaak word van een metriese vorm, maar dit sal gou eentonig raak wanneer 'n hele gedig in dieselfde metriese patroon geskryf word.
Metrum word in "voet" gemeet, daarom praat ons van 'n "versvoet".
('n Kombinasie van een sterk beklemtoonde lettergreep met een of meer swak beklemtoonde lettergrepe.)
n Versreël bestaan uit "eenhede" van versvoete. So word 'n versreël saamgestel wat bestaan uit 'n "groep" versvoete.
'n Goeie gedig bevat 'n variasie van versvoete wat in verskillende versreëls gebruik word.
Hier volg die verskillende name of strukture van versvoete:
1) Die spondee. DUM-DUM
'n Versvoet bestaande uit twee lang- of twee beklemtoonde lettergrepe. Die woord "spondee" is 'n
goeie voorbeeld.
2) Jambe. (iambus) da-DUM
'n Versvoet wat bestaan uit 'n swak beklemtoonde lettergreep gevolg deur 'n sterk beklemtoonde lettergreep. Die woord "gevaar" is 'n voorbeeld van 'n jambe. Die heffing val op "-vaar".
3) Pyrric. (dibrach) da-da
'n Versvoet wat bestaan uit twee agtereenvolgende onbeklemde lettergrepe. Woorde soos "sissie" en vissie kan hier werk.
4) Daktiel. (daktilus) DUM-da-da
'n Versvoet wat bestaan uit een beklemtoonde, gevolg deur twee onbeklemtoonde lettergrepe. Die woord "moddervet" is 'n voorbeeld.
5) Trogee. DUM-da
'n Versvoet wat bestaan uit een beklemtoonde, gevolg deur een onbeklemtoonde lettergreep. Voorbeeld: skaakmat, dogter
6) Amphimacer. DUM-da-DUM
'n Versvoet wat bestaan uit 'n onbeklemtoonde lettergreep tussen twee beklemtoonde lettergrepe. Woord: dogmatiek
7) Choriamb. DUM-da-da-DUM
'n Versvoet wat bestaan uit twee onbeklemtoonde lettergrepe tussen twee beklekmtoonde lettergrepe. Woord: dokumentêr, dogmatiseer
8) Anapes. da-da-DUM
'n Versvoet van drie lettergrepe waarvan die laaste lettergreep die klem dra. Woord: anargie
9) Amfibrag. da-DUM-da
'n Versvoet van drie lettergrepe waarvan die middelste lettergreep die klem dra. Woord: vergewe, belewe, belegging.
Afhangende uit hoeveel versvoete 'n versreël bestaan, kry die versreël 'n soortgelyke naam. Bv. 'n Versreël wat uit vier versvoet-eenhede bestaan word 'n tetrameter, vyf versvoete 'n pentameter, ens genoem.
Ek nooi almal uit om saam te gesels. Help my asseblief om die artikel te verbeter en bring gerus nog inligting.
Niemand wil help nie en niemand het nog inligting nie. :dontknow: :crybaby2:
Dis nie dat ek nie wil help nie. :crybaby2:
Ek sukkel nog om van die woorde~uit~te~spreek, dan praat ons nie eers van dit te gebruik in my gedigstruktuur! :dontknow:
:angel12:
:toothy4: Toemaar, ek wonder soms self of ek dit reg uitspreek! :icon_biggrin:
Dit is baie soos die mate in musiek. 'n Wals of 'n vastrap! Die daktiel sal die wals wees! :icon_biggrin: Ta-ra-ra boem-da-ry, Oupa het vark gery! :icon_biggrin:
Oi die was nog altoos vir my Grieks ... as ek dit moet doelbewus toepas of uitken gaan ek die res van jou liedjie PERRRFEK aanvul PM: afgeval en seergekry, opgeklim en weer probeer sal ekke nou stilletjies ergens gaan oefen om toe te pas :bootyshake: :book1:
Ek het belowe ek sal stil-stil gaan oefen/opsom
:notworthy:
'Die Metrum Konserto'©
♫DUM-DUM♫
Die koor sing langsaam - Spondee!
♫da DUM♫
Terwyl die gehoor verspot skreeu - Jambe!
♫da-da♫
Sussies en boeties gil saam - Pyrric!
♫Dum-da-da♫
Tienertjies kom blosende met 'Daktiel'
♫DUM-da♫
Toe's dit die peetma's en -pa's se beurt met hul' Trogee!
♫DUM-da-DUM♫
Ooms en tantes - vol rumatiek - kug klaerig: Amphimacer!
♫DUM-da-da-DUM♫
Een of twee geletterdes, dogmatiseer: "Choriamb"
♫da-da-DUM♫
Ons dirigent ('n immigrant) wys toe gou, hier - is die Anapes!
♫da-DUM-da♫
Vergewe die ouma's en oupa's - wat gapende belewe - dit was 'n Amfribrag!
:book1: :bootyshake:
(meraai en pm agter die versvoete)
Pragtig Raaitjie! Waar sal ons hierdie soort inligting in die boek plaas? Digtershulp? Digterminologie? Enige ander voorstel?
Woordbeitels??
No 50 is woordbeiteltjies.
Al ons opvoedkundige inligtingsvoorbeelde is nou by no 50 as Woordbeiteltjies en Slypstene vir die digter bymekaar. Maak dit makliker vir jou om 'n keuse te kan maak van wat jy graag in die :book1: wil plaas mater :notworthy:
Jy is my blink oggendster Raaitjie. As ek al die dankies wat ek vir jou gegee het kon omsit in $ was jy nou 'n multimiljoenêr. :toothy4:
Net hier dink ek behoort ons met 'n professoraat geslaat te word. :icon_biggrin:
Ek lees weer jou "opsomming" Raaitjie en lag dat die trane loop. (Rooiwyn doen die ding vir my!) :read2:
Ek lees en lees weer deur jou oorspronklike plasing en besef die goete kry ek nog steeds nie in my kreukelkamer gesorteer nie, en ek is 'n proffie as dit by sorteer kom. Terwyl ek weer probeer sin maak begin ek wonder hoe gaan ek die inligting sorteer sodat mens dit 'verstaan'. Lag ek saam met jou (sonder wyn, dis nog oggend diekant) toe ek 'Die Metrum Konserto' raaklees. Amper gee ek vir myself werk!
Ek sien hier, jare gelede, het ek vir jou geslaat tot professor! :notworthy: As ek so lees deur die forumboek dan staan ek verbaas oor al die inligting wat ons weergee. Gan wonder die gaste geniet ons forum en dra alles weg wat hulle kan nie. :dontknow:
Dis so waar. Ek lees goed dan dink ek dit was nie ek wat dit getik het nie. Kan nie wees nie. :icon_scratch:
:angel12:
. . . en toe was dit jy. Soms gaan ons met 'n spoed by onsself verby. :angel12:
Soos 'n boeing 747. :evil6:
:angel12:
Ja, vinniger as die spoed van lig of klank. :read2: