Ek het belowe ek sal stil-stil gaan oefen/opsom 
 :notworthy:
'Die Metrum Konserto'©
♫DUM-DUM♫
Die koor sing langsaam - Spondee! 
♫da DUM♫
Terwyl die gehoor verspot skreeu - Jambe!
♫da-da♫
Sussies en boeties gil saam - Pyrric!
♫Dum-da-da♫
Tienertjies kom blosende met 'Daktiel' 
♫DUM-da♫
Toe's dit die peetma's en -pa's se beurt met hul' Trogee!
♫DUM-da-DUM♫
Ooms en tantes - vol rumatiek - kug klaerig: Amphimacer! 
♫DUM-da-da-DUM♫
Een of twee geletterdes, dogmatiseer: "Choriamb"
♫da-da-DUM♫
Ons dirigent ('n immigrant) wys toe gou, hier - is die Anapes! 
♫da-DUM-da♫
Vergewe die ouma's en oupa's - wat gapende belewe -  dit was 'n Amfribrag!
:book1: :bootyshake:
(meraai en pm agter die versvoete)