Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Angelica on November 06, 2011, 09:30:15 AM

Title: Boeke-hoekie
Post by: Angelica on November 06, 2011, 09:30:15 AM
Ek lees een van die nuutste Afrikaanse boeke deur 'n regte egte Afrikaanse skryfwer.
Ek kan dit skaars neersit. Hard en baie romanties.
As julle lief is vir lees,  doen gerus hierdie een:
Die Lanternswaaier - ISBN:  078-0-9869907-7-9
Dit handel oor 'n gesin wat in die voorgeskiedenis in die Strandveld bly en al die woeste woelinge rondom al die skepe wat in daardie omgewing (Dyerseiland, Gansbaai, Hermanus tot by L'Agulhas) op die rotse geloop het.
Heerlike lees-Afrikaans met woorde wat net uit daardie era kan kom.
Title: Re: Boeke-hoekie
Post by: PM on November 06, 2011, 09:39:04 AM
Dit klink  na heerlike leesmateriaal!  Dankie  vir die verwysing EllĂ©.  Ons moet mekaar ondersteun.