Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Louis on November 03, 2011, 07:09:47 AM

Title: afrikaans op sy beste
Post by: Louis on November 03, 2011, 07:09:47 AM
ek loop gister hierdie woorde raak:
die afrikaans vir n 'lighter' - vingergeaktiveerdegasaangedrewetabakrolletjieverligtingstoestel
'dogbox' - boosdoos
@sshole' - rimpelkring
n ander woord vir n 'taxi-rank' - kombikraal
Title: Re: afrikaans op sy beste
Post by: Naas on November 03, 2011, 08:30:12 AM
Ek is mal oor "kombikraal" en gaan dit beslis in die vervolg gebruik.





:icon_bigsmurf:
Title: Re: afrikaans op sy beste
Post by: Angelica on November 03, 2011, 07:19:29 PM
Whaaa!!!
Ja, ek hou ook van daardie 'Kombikraal'. 
Title: Re: afrikaans op sy beste
Post by: Meraai vannie Baai on November 03, 2011, 11:31:30 PM
Uitstekende beskrywings! Die woorde so geniet dat ek eers weer 'n draai deur die  :book1: gaan maak het - om te loer na van die inkdisse uit ons eie geledere  :toothy4:

Naas:
Koeksuster se manlike vorm = Pastoriepiesang

Prostitiet se manlike vorm = Prostitotie

Vossie:
Wat van 'n kappietjie oppie: prostitôtie vir manlike prostituut? Daar moet mos bietjie voorsorg getref word en die kappietjie sal help!

Naas:
Nog name vir 'n manlike prostituut - huurslinger / Kab-bel-jou / huursoldaat wat op bevel, op aandag, wagstaan

'n Gêlpêl = die Afrikaanse woord vir 'n 'punk'. Die goed verstyf mos hulle hare in Rigger-mortes in tot hulle die 'statue of libberty' se ewebeelde is.

Kotkop = 'n Meerderjarige wat hom soos 'n baba gedra is 'n kotkop want hy gooi al sy speelgoed uit die kot!

Bals = Wanneer jy so tussen bas en vals sing.

Gromgroewe = Ander woord vir spoedwalle.

Ou pel = my ghabba

Getrick = deur die ore loer

Opgecharge = afgepiepie

Pappegaai, Mammegaai en hulle Babbegaaitjies

Die witste swarte in Afrika. - Cremora Marschelle

En sy vrou? - Coffee Mate

Siekste mens? Koffie Annan (Hoesie aaneen)

Flopoppie - is 'n mislukte F-op.

Ommoertaal - Ander woord vir 'n druifdeurdrenkte slingervel se gebrabbel is ommoertaal.

Matrasrugbyveld - tehuis vir losse sedes

Misluktepaliteit - Munisipale instansie wat nie voldoen aan die vereistes van die stad se inwoners.

Giggelflater is 'n storie wat 'n stertjie gekry het en gaan dit die wêreld om as 'n grap.

As die G-tengers (voorheen Transvalers) met die Riemlanders (voorheen Noord-Oostelike Vrystaat) ondertrou is hulle kinders G-rieme of G-stringe!

Meraai vannie baai:
Knoppieskranke = Persoon wat tegnologies gestremd.

Karakterlyne =  plooie-strepies wat weens ouderdom, jou liggaam versier.

Lagergitus:  Te diep in die bierbottel gekyk

Muti-logie: Aptekerswese

Yodel = triltrolgesang

Vroulike prostituut = Alleman's koekoekie (gewillige hennetjie onder al die hane van die dorp se erwe)

Manlike prostituut = dompelpompie te huur

Wekker = slaaphandrem

'n Washout = semelknaap

Vigs = sesvoet-kiem

Long drop = bolliegat- onder-dak

Taxi = Eish-Ekspres

Sugardaddy = lolliepappie

Soen = lipgenot

Brein spesialis = kreukelkamer-kenner

Vrouens = kletskunstenaars

Wind gelaat = hollangse-proes

Hunk = 'n oogplesiertjie

Brainiacs = beteken die persoon is 'n breinselvraat.

Piet Magriet:
Die manlike van 'n volstruis is 'n volstrond.
Die vroulike is 'n volmaak.

Houtlepel - leermeester. Ek het van kleintyd gesê, ek glo nie aan lyfstraf nie, maar jy gooi nie vir my 'n vloermoer nie. Dit sal die eerste en laaste een wees.

'n Ma is foelie - Foelie die pyn van "self" nie, foelie die moeg voor alles nie klaar is nie, foelie die sommer net baie dinge wat 'n ma nie foelie, en sy gladly wrap alles toe in haar liefde.

Ge-gennerattoteerd - As jy jou eie 'generator' moet gebruik vir krag tydens Eskom se deel-die-krag-skema is jy ge-gennerattoteerd!

Giggelsoppies: Wyn

Giggelgrassie: Dagga

Baie slim - Ikademies

Kuberselfmoord : Om jou profiel te verwyder op 'n forum.

Ammiemoon:
Googlefoodle: Haar beskrywing na ons gesprek op die gevreetboekie en ek vra haar wat sal mens 'n verhouding noem wat onstaan as mense nou so 'kuier' oor die lug.

EN HIEROP ANTWOORD PIET MAGRIET SO:
Googlefoefel - 'n Gevryery

Googlefoefie - 'n Gekskeerder

Jo'e-Lo:
Intensiewe vorm vir rond: Holrond

Annie:
Manlik en vroulike vorme van prostituut = Nagdoring en Nagblom.

SueEe:
Manlik en vroulik van prostitute: Prostiete en Prosmiete... (pun intended, sorry ouens!) Afgelei van staligtiete en staligmiete. Kinders sal dalk Prosgieters heet! Dit word afgelei van die Latyns - Prostituere wat "te koop aanbied" beteken.

Griffel-rebel: iemand wat nie skryf-reëls toepas nie.

Griffelgonser – toetsbord/keyboard.

Griffelveër – Uitvee/delete.

Giggelpille – Antidepressante

Geutverdriet – beskrywende woord vir dronkverdriet. Die trane rol oor die wange soos water in 'n geut.

Gedagte Taal - beskrywende woord vir emosies.

Kreukel-kamer is SueEe se verwysing na die brein (-lobbe)

Hik-hik-koeldrank: Drank

Huppelweg – Pad na geluk gevind

Hekbarbaar – in Engels (gate crashing) In Afrikaans (ongenooide gas)

Hannemeule - 'n ander woord vir 'Fan' (Soos hande meules want hulle klap nie, hulle waai mos op ritme in die wind)

Issiepot – Iemand wat altyd argumenteer

Kêkkelwater – Koffie saam geniet terwyl daar gekuier word

Klankpluisies – Afrikaanse woord vir earphones

Kalkoenvreugde - Afrikaans vir Turkish delight lekkergoed.

Katelkoors - Iemand wat 'n laatslaper is ly aan katelkoors!

(Joe)
Fokansie - Wanneer jou vakansieplanne skeefloop en alles verkeerd gaan het jy 'n fokansie gehad volgens Neef Joe in die Kaap.

(bertha badprop)
Baksteenprofete - Argitekte

(Lepinotus Patruelis)
Grasnyer-gym: Lepi se woord vir 'n eenvoudige meganiese stootmodel-grassnyer sonder enige masjien.

Lepibouter: Lepi trek nou eers 'n Kabouter op homself en haal gou 'n groot houtlepel uit...

(Rina Greeff)
Grimlag: Vals lag - grimlag sy lippetaal

(Juenka)
Gietergat: Loopmaag. Het jy iets vir 'n gietergat onder jou boererate? Die kasterolie het goed gewerk vir die hoes, want nou kan ek nie waag om te hoes nie.

(Gamos)
Kielie kwassie: Gamos se woord vir 'n snor.

(Mel)
Medisyneboodskappies: Opbouende kommentaar

(Louw)
Moljol - sinoniem vir blind date

(Pottie)
Oordkind - Ek stort nou so lekker soos 'n oordkind - Stort sonder om te dink aan water of elektrisiteitskostes want die kind gebruik die vakansieoord se geriewe en niemand gee om hoe lank hy stort nie

Title: Re: afrikaans op sy beste
Post by: Meraai vannie Baai on November 04, 2011, 12:25:04 AM
VAN DIE POSKOETS AFGEVAL:
Bankrotkraal = Plakkerskamp

Wash-out = Voltydse flater

Vrou = Bate boef

Uitlaatpyp = poepriet

Tantrum = baba-boogie

Spoil-sport = sportkonfoester

Standby = Wagkrag

Skenking = hobo-pensioen

Ski pants = Sellulietsokkies

Rapper = rymkletser

Murphy's law = Wetterse wet

Lyftaal = skeletklets

Huisvrou = nespes

G-string = Genadelappie / Gatsnaar

Boere G-string = John Deertrekker (net in groen beskikbaar)

Blind date = willevangs

Bandwagon = Jollielorrie

Blonde Oomblik = Brein-Pouse

Sweet sixteen = Druktyd

"Escort and massage " - "vry en vryf" in Afrikaans.