Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: PM on November 02, 2011, 08:04:04 PM
-
My ma het my geleer om niks, maar niks, op skuld te koop nie.
My ma het my geleer om altyd 'n ietsie weg te sit vir 'n "rainy day".
My ma het my geleer dat dissipline en roetine die padkaart is tot sukses.
My ma het my geleer dat 'n mens moet 'n onderskeid kan tref tussen reg en verkeerd. (Moenie aan 'n ander doen wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie.)
My ma het my baie dinge geleer. Sy het my geleer, om van jouself te gee, is die kosbaarste geskenk wat jy kan gee.
My ma het my geleer dat ek die mense naaste aan my moet koester. Wanneer almal en alles jou verlaat het, sal hulle daar wees om jou te ondersteun.
Vanaand mis ek my ma, soos elke ander aand. Ek het myself geleer, dat 'n ma die kosbaarste geskenk is wat enige mens kan wens om te hê.
Mammie, ek mis jou. Ek wens dat jy hier kon wees om my hand vas te hou.
Tog wil ek dankie sê vir al die kosbare dinge wat jy my geleer het. Daar is niks wat 'n wonderlike mammie soos jy kan vervang nie.
Ek sal jou altyd lief hê.
PM
-
Sjoe dit is baie mooi PM, ek sien my mamma nog baie, en ek is so dankbaar dat sy nog deel van my llewe is.
-
Dit is huilmooi mater :notworthy: :crybaby2:
-
Hartroerend mooi.
Wat 'n wonderlike geskenk om 'n Ma te wees... en nog een te he vir wie jy hierdie woorde kan se.
-
So nou en dan gryp die verlange my aan die keel en wurg my. Gelukkig gebeur dit nou net nou en dan. :icon_biggrin:
Dit is sulke tye waarvan ek praat as ek sê dat ondervinding die beste leermeester is. 'n Mens kan jou nie indink hoe dit is, as jy dit nie eers deurleef het nie.
-
:hello:
So mooi-mooi. Mis nou my ma en sommer my pa ook. My ma is doer oor die see en my pa slegs in gees en hart nog hier.
-
Ja, ek het altyd gesê Dubai is net R20.000.00 ver. Dit is duur om te gaan kuier.
Ons ouers sal altyd in ons hart en gees voortleef.
Ek sien op Google vanoggend, dit is Marie Curie se 144ste verjaarsdag en daar is nog mense wat dit onthou. :icon_biggrin:
-
Ek kom saam snik hierso. Mis ook my mamma vandag. Die naweek gaan groot uitdaging aan my en Outoppie bied en ekke sou so graag wou gaan kersopsteek by my moederlief wat vyf van ons grootgemaak het! As ek swygsaam is volgende paar dae, die ouma en oupa gaan onsself geniet :love7:
-
Ons sal aan jou dink Raaitjie. Deel maar die kleingoed op tussen jou en Outop. :icon_biggrin: Byt vas en as jy by die pit kom, byt deur! :love7:
-
My ma het my ook geleer om hard te werk en nie verskoning te maak vir foute nie. Jy moes jou man staan en verantwoordelikheid aanvaar vir jou dade. As dit nie daarvoor was nie sou ek nooit in my lewe bereik het wat ek wel bereik het nie.
-
Ek het gelukkig nog my moedertjie by my. Dierbare ou Nederlandertjie. Snaaks maar waar, jy kry dierbare Nederlanders, baie skaars. :evil6:
:angel12:
-
Sy is die dierbaarste ding uit en uit. Gee asseblief vir haar 'n drukkie en sê vir haar, ek is oppad, ek kom haar self druk! Julle moet asseblief net 'n plekkie aanbeveel waar ons saam kan kuier. Ek weet dit is dalk kort kennisgewing, maar help asseblief. Dit sal fantasties wees as ons almal saam op 'n plek kan kuier waar dit niemand 'n "arm and a leg" kos om oor te bly niel