haar gees het gesterf
daardie nag
daar
op die yster katel
haar klein liggaampie
tot toe nog knus in slaap
het versteen
haar bloed gestol in aar:
'n asem het haar
in haar bed getel
geruisloos
met voorbedagte daad
haar hande
warm met die leiding na die kroesige bos
Pappa! Dis donker!
'Sjjjt, praat nie, kind', het sy gese
en hoog
hoog bo die dak het 'n ster verdof
klappertand
in stille gang gil sy steeds
die pyn van daardie nag
op die yster katel
:notworthy: :notworthy: :notworthy:
Praggedig!
Hierdie daad bly vir my heeltemal onverstaanbaar...
:crybaby2: :crybaby2: :crybaby2:
haar bloed gestol in aar: Dit laat my ook yskoud met koue rillings.
Ek stem saam met Naas. Die gedig is goed geskryf. :notworthy:
Baie welkom, ek sien uit na nog!
n werklike pragtige gedig en alhoevel ek dit seker al ses keer kom lees het vind ek dit nog bitter hartseer
Dit is tog so dat sommige gedigte 'n mens knaend terug roep. Die beste bewys dat dit 'n geslaagde gedig is! :notworthy:
Dankie julle. Wreedhede aan 'n kind gedoen kan horribale gevolge he.
:angel8: