Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Angelica se plek => Topic started by: Angelica on April 24, 2011, 11:18:33 AM

Title: 'n Ster Verdof
Post by: Angelica on April 24, 2011, 11:18:33 AM


haar gees het gesterf
daardie nag
daar
op die yster katel
haar klein liggaampie
tot toe nog knus in slaap
het versteen
haar bloed gestol in aar:
'n asem het haar
in haar bed getel
geruisloos
met voorbedagte daad

haar hande
warm met die leiding na die kroesige bos

Pappa! Dis donker!

'Sjjjt, praat nie, kind', het sy gese

en hoog
hoog bo die dak het 'n ster verdof
klappertand

in stille gang gil sy steeds
die pyn van daardie nag
op die yster katel
Title: Re: 'n Ster Verdof
Post by: Naas on April 24, 2011, 02:04:27 PM
 
:notworthy: :notworthy: :notworthy:
Praggedig!
Hierdie daad bly vir my heeltemal onverstaanbaar...
 :crybaby2: :crybaby2: :crybaby2:
Title: Re: 'n Ster Verdof
Post by: PM on April 25, 2011, 05:27:38 AM
haar bloed gestol in aar:  Dit laat my ook yskoud met koue rillings. 

Ek stem saam met Naas.  Die gedig is goed geskryf.   :notworthy: 

Baie welkom,  ek sien uit na nog! 
Title: Re: 'n Ster Verdof
Post by: Louis on May 21, 2011, 08:01:40 PM
n werklike pragtige gedig en alhoevel ek dit seker al ses keer kom lees het vind ek dit nog bitter hartseer
Title: Re: 'n Ster Verdof
Post by: PM on May 22, 2011, 09:41:01 AM
Dit is tog so dat sommige gedigte 'n mens knaend terug roep.  Die beste bewys dat dit 'n geslaagde gedig is!   :notworthy:
Title: Re: 'n Ster Verdof
Post by: Angelica on May 27, 2011, 06:26:02 AM
Dankie julle. Wreedhede aan 'n kind gedoen kan horribale gevolge he.
 :angel8: