Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Angelica on October 30, 2011, 08:33:33 AM

Title: Mej SA - toe en nou..
Post by: Angelica on October 30, 2011, 08:33:33 AM
Lees ek vanoggend oor die soeke na die nuwe Mej SA en die onderhoude wat met die hoopvolles gevoer word.
Liewe hemel, hoe dink die meisies deesdae? 
As jy nie weet dat Kaapstad 'n stad en NIE 'n provinsie is nie, hoe de dinges gaan jy die antwoorde verskaf op die vrae wat die beoordelaars by die Mej Wereld kompetisie vir jou gaan vra?  En 'n aap die nasionale dier ????
Is dit so belangrik dat jy 'n mooi lyf moet he en nie nodig vir iets tussen die ore nie?
Gelukkig word hulle gekeur.  En om die mooiste en slimste te soek tussen die mooi en dommes, is 'n helse taak. 
Jammer, maar die Mej SA's wat 'n hele klompie jare terug ge-seevier het, het nie net pragtige lywe gehad nie, hulle is ook baie baie deeglik voorberei en het 'n algemene kennis gehad wat skrik vir niks.  Ek kan nog die klomp onthou, maar deesdae kom en gaan hulle sonder dat hulle die koerante haal. 
Soos die koerant vanoggend se:  Hulle kan jou vertel waar die beste uithangplek in Sandton is, maar hulle weet nie dat Johannesburg 'n stad is en nie 'n provinsie.
Title: Re: Mej SA - toe en nou..
Post by: Naas on October 30, 2011, 11:26:15 AM
Jaaah Angelica, so gaan dit in hierdie wereld. Hoe dink jy moet dit nie in die Kaap gaan wat groter as die wereld is nie?




 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Mej SA - toe en nou..
Post by: Lox on October 30, 2011, 12:01:00 PM
wart jy dit raak gelees.

ek lees nie meer koerant nie klink my ek mis 'n paar lag stories?
Title: Re: Mej SA - toe en nou..
Post by: Lox on October 30, 2011, 05:38:19 PM
ek het dit toe raak gelees en skud maar net my kop
Title: Re: Mej SA - toe en nou..
Post by: PM on October 31, 2011, 01:27:23 PM
Hulle sĂȘ mos, as jy die lyf het het jy alles.   :icon_biggrin: