Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Angelica on October 27, 2011, 07:32:45 PM
-
Vir wie koop jy Kersgeskenke?
Gelukkig is ek so arm, niemand verwag enigiets van my nie.
Laat my dink aan toeeeentertyd toe ek nog kind was.
Ou Kersaand het ons kinders elkeen 'n hoed onderste-bo op die tafel neergesit en dan het Kersvader jou geskenk daarin gesit. Daardie tyd was daar nie sulke fensie goed soos die wit en rooi kerskouse wat by die kaggel opgehang word nie.
Maar... ons mag net bietjie met daardie geskenk speel dan word dit bo in 'n kas weggesit.
As dit jou weer byval van die troupop, het Ma dit bo uit die kas gehaal en jy kon jou verkyk en drome droom oor trourokke en blink goed in die hare.
Ons speelgoed het jarrrrre gehou, want ons het net nou en dan daarna gekyk.
Hoekom my een boetie 'n visstok moes kry, weet die hemele alleen. Ons het op die plaas gebly en bitter min by die see gekom.
Maar as Pappa besluit het om te gaan galjoene vang agter Beacon Island op die rotse, het ons ons verlustig in klipvissies vang met die kleinste van klein hoekies en stukkies rooi-aas... dan kon my broer sy visstok gebruik..
Waar gaan haal ek nou weer die ou dae uit die wakis.
-
Die boodskap van kersfees moet vir my saam met die geskenke oorgedra word anders is dit maar net 'n goeie gewoonte. Ek self verwag niks maar sorg dat ek vir my kinders gee wat ek kan.
:icon_bigsmurf:
-
Dit was lekker om saam met jou die wakis af te stof Ellé.
Ons koop of maak vir almal om ons ietsie.
-
Daai wakis is bottomless.
-
geskenke is my vrou se afdeling, sy koop sommer iets vir haarself van my af. ons koop sommer iets klein vir die by wie ons is die spesifieke Kersfees. wil nie dat die klem op geskenke val nie.
ek hou van geskenke gee deur die jaar maar dis gewoonlik iets van die plaas af.
blomme, aarbeie, druiwe, rosyne, dalk 'n bottel wyn, vrou deel soms konfyt, beskuit en brood uit wat sy self gemaak het.
nou so tyd gelede was een van ons vriendinne lus vir geskenke en sy reël toe 'n winter Kersfees. ons was so klompie bymekaar en moes 'n geskenk van R20 bring en dan sit ons als op 'n tafel en jy kies iets. Arrie wat my geskenk gekry het was baie in sy noppies daaroor, 'n klein draai blaasbalk om die vuur aan te help.
ek moet seker een of ander tyd daai fotos opsit van die aand.
ons het werklik lekker gekuier
ek gee sommer hier paar fotos
die geskenke tafel
(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/winterkersfees/003.jpg)
die eet tafel
(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/winterkersfees/002.jpg)
die kos tafel
(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/winterkersfees/008.jpg)
die gluwhine
(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/winterkersfees/004.jpg)
die clown
(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/winterkersfees/001.jpg)
wat heerlike seekos voorgereg maak waarvoor hy baie bekend is.
(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/winterkersfees/007.jpg)
-
Dit lyk gesellig Lox. Ons sal solank die geskenktafel moet uithaal en begin pakkies maak. Kersfees is net om die hoek.
-
Ek wil ook in die winter Kersfees hou. Ek hou van geskenke uitdeel en gee, ek gee vir Tiaan geskenke op ons 6 maand en jaarlike anniversary, op kersfees, op sy verjaardag, dan sommer in die middel van die maand as dit lyk of hy 'n geskenkie nodig het.... hehe En ek koop altyd vir die HELE gesin en Tiaan se gesin geskenke vir Kersfees.
-
Dit lyk so gesellig Stoffel! Hierdie kant van die aardbol is die winterkersfees net so gewild. Ek is absoluut gaande oor die feesgetye ... nie soseer oor geskenke (koop net vir die kleingoed) maar die LIGGIES - oe jittetjie daai liggies om die bome en om die huis en onder in die grot :icon_biggrin: enige ding wat opgemaak kan word, daar draai die kleingoed liggies en blinkdinge om. Ons begin sommer al November en die dag na nuwejaar is operasie afhaal en wegpak met die allerheeeerlikste onthou-jy-ook! :love7:
-
O ja, ek is ook mal oor al die liggies. Ons grootste vermaak is om rond te ry in die strate en te sien hoe al die huise met liggies versier is. Dit is 'n fees.
-
ek sien gister in die dorp die liggies word al opgesit in die strate.
-
Ai die liggies is pragtig, veral by die kus, hier sit hulle nooit so baie liggies op nie. OOOO en by suncity, sjoe dit is regtig mooi daar oor kerstyd, die liggies in die bome en orals!
-
:hello:
Ek lief ook die liggies. Hierdie jaar kan ons dalk sommer liggies in ons bome ook sit, met 'n lieflike vuurtjie vir die aand. :-) Nou sien ek uit na Kersfees!
Ons gee gewoonlik geskenkies vir die mense saam met wie ons Kersfees deel, maar hierdie jaar is dit my Mammatjie se beurt en sy is doer-doer oor die see, so ons sal seker op ons eie Kersfees hou.
-
Kersfees is die wonderlikste tyd van die jaar.
Dit is ook die swartste tyd van die jaar.
Mense verongeluk, verdrink, is bitter eensaam, is baie depressief.
Enigiets, solank hulle net nie aanhoudend Jingle Bells in die sentrums speel nie.
-
Hehe aag kersfees is so 'n lekker tyd. Die kos is lekker, die mense is lekker, alles is net lekker. En dits so lekker want dit voel altyd of Liewe Jesus ook kom kuier.