Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Die Gorrel plek => Topic started by: Lox on October 27, 2011, 09:18:20 AM

Title: grappies
Post by: Lox on October 27, 2011, 09:18:20 AM
Ons was so arm,
my ma het ons een keer ‘n week slaghuis toe gevat om die vleis te ruik ...
&
na middag ete het sy ons monde Vaseline gesmeer,
sodat die bure kon dink ons het skaaptjops ge-eet!
xxxxxxxxxxxxxx

My ma het gesê als met "te" is nie goed vir jou nie, dit sluit nou goed in soos groen-te en vrug-te.
Maar sy was heel verkeerd oor tie-te!!

JUFFROU vra vir jannie: "Maak asseblief n sin met oomblik."
Jannie sê: "Die klein blikkie noem die groot blik 'oomblik' "
xxxxxxxxxxxxxxxxxx

Wat is die verskil tussen ander dorpe se riooldamme en Brakpan s’n?
Die ander het nie ‘n duikplank nie!
Title: Re: grappies
Post by: PM on October 27, 2011, 09:50:56 AM
Ek ken net die een van te perd en te-vrede.  Mens word nooit te oud om te leer nie.   :icon_biggrin:

Ga-poe vir die duikplank!
Title: Re: grappies
Post by: Chichi on October 27, 2011, 11:20:35 PM
hehe Lox, die te ene is funny.... en ewe vir die duikplank!