Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Die Gorrel plek => Topic started by: Lox on October 26, 2011, 03:15:14 PM

Title: mxit
Post by: Lox on October 26, 2011, 03:15:14 PM
Die kinders het mos hul SMS kodes - soos BFF, WTF, LOL ens. So, hier is
kodes vir seniors:


* BDD - By die Dokter
* BVSB - By Vriend se Begrafnis
* BDR - Bring die Rystoel
* KWS - Kry Weer Sooibrand
* SG - Skryf Groter
* MWG - Maag Werk Goed
* IJGA - Is Jou Gehoortoestel Aangeskakel?
* MGPBL - Moet Gaan, Pasaangeƫr se Battery Laag
* MGPBW - Moet Gaan Purgasie Begin Werk
* WPEA - Wat Praat Ek Alles?
* WWW? - Waar Was ek nou Weer?
Title: Re: mxit
Post by: Chichi on October 26, 2011, 11:31:02 PM
hehe Loxi, my vriende sal nou mos nie weet waarvan ek praat nie?
Title: Re: mxit
Post by: PM on October 27, 2011, 05:51:46 AM
Dit klink dan vir my so bekend.  :icon_biggrin:
Title: Re: mxit
Post by: Meraai vannie Baai on October 30, 2011, 11:30:53 PM
 :book1: :love7: :notworthy: :evil6:
Title: Re: mxit
Post by: Lox on October 31, 2011, 07:20:03 AM
Tjiekie ons kan jou en jou vriende solank leer wat dit als beteken dat julle daarvoor kan gereed wees wanneer die jare aanstap en dit gebeur in 'n oogwink.

oudword is nie vir sissies nie hoor ek die ouer mense seg.
Title: Re: mxit
Post by: Chichi on November 01, 2011, 10:42:56 AM
Eerstens wil ek net gou hier inlig!  MXIT is net vir mense wat tegnologies stadig is, neimand het dit meer nie.  Mens BBM nou of WHATSAP as jy nie 'n blackberry besit nie of as jy van 'n black berry af vir 'n nonblackberry user 'n boodskap stuur.

En die ander ding is, mense maak hulle eie goed nou op, mens raai maar wat hulle se.  Ek persoonlik raak baie geiriteers as iemand al die vokale in 'n gesprek uitlos, so ek tik altyd baie langer want ek tik meeste van my woorde uit.  hehe
Title: Re: mxit
Post by: Naas on November 01, 2011, 12:45:24 PM
BBM... Beide Boude Mooi.
En as jy nou finansieel gestrem is en nie 'n swartbessie kan bekostig nie? Dan sms jy maar nog?
Een van my vriende lei oon knoppiefobie. Hy werk met niks wat knoppies het nie. Nie kitsbank, rekenaar of selfoon nie. Nou die dag kom daar vir sy dogter 'n SMS deur. Hy, wat weer die kat aan die ore beet het roep haar: M..... , Hier het nou net vir jou 'n S.E.X. deurgekom.
(Sy is darem intussen getroud)




 :icon_bigsmurf:
Title: Re: mxit
Post by: Chichi on November 01, 2011, 05:05:21 PM
hehe dits bietjie snaaks!!!

Nee, as jy nie 'n swartbessie het nie, downoad jy whatsapp verniet en gebruik dit, dit kos ook niks nie.
En 'n swartbessie is regtig nie duur nie. Ek betaal R135 'n maand vir my kontrak, ek kry R135 se bel en sms tyd en dan betaal ek R60 'n maand vir die bbm ding en die verniet internet... wel nie verniet nie want jy het R60 betaal maar ek kan tot en met amper 'n gig download so dit is regtig nie 'n duur storie nie. 
Title: Re: mxit
Post by: PM on November 09, 2011, 04:29:37 AM
Julle jongmense is altyd op hoogte van al die nuwe goed.  Ek sit net heeldag met my neus in die boek, kry nie eers kans om te vra whatsap nie.   :icon_biggrin:
Naas, ek ken net BMW    :icon_biggrin:  maar dit het niks met titels te doen nie.