Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Die Gorrel plek => Topic started by: Naas on October 26, 2011, 09:18:44 AM
-
Laat een bliksem weer vir my sê ek is vet!
Ons almal raak swaarder soos ons ouer raak, want daar is al hoe meer en meer inligting wat ons inneem.
DIT WIL Sê : Ek is nie vet nie.
Ek is net flippen intelligent, al die inligting het net afgesak na die res van my liggaam, omdat my kop nie alles kon inhou nie.
Dit is my storie en ek bly daarby!
En as ek gewig verloor, gooi ek inligting weg!!!
:icon_bigsmurf:
-
Mooi Naas, nou weet ek ook wat om vir die mense te sê wat vir my wil kom vertel ek is vet! :icon_biggrin:
-
Ahhhh.... so dis van al die INLIGTING en nie brood nie dat ek so gewig optel.
Moet se, ek het heelwat kursusse gedoen die jaar.
Dankie Naas, ek sal jou ewig dankbaar bly dat jy my selfbeeld weer op koers gekry het. Die ding was heeltemal weg toe my kennis so afsak.
Dit bring my by die gevolgtrekking; alle dunnetjies is nie so skerp nie.
-
... en nou sal ek moet koes...
-
haha ek is dan baie slim jong
-
Hoekom dink julle dra dunnetjies G-string en tangas? Want hulle het te min verstand om koud te kry en het niks om weg te steek nie.
KOES!!!! KOES!!!! KOES!!!! :angel8: :angel8: :angel8:
:icon_bigsmurf:
-
:icon_biggrin: :icon_biggrin: :icon_biggrin:
-
haha dra net dunnes g-strings en tangas?
-
Jaaaa! Die ander dra dit nie, hulle kamofleer dit. :bootyshake: :hello2:
:icon_bigsmurf:
-
Hoe kleiner die stukkie materiaal, hoe duurder, en meer gesog, word dit.
Ja wel, Naas, dit is nie net uitsluitlik vir dunnetjies nie.
Ons groter dames voel heel gemaklik met daardie strepie materiaal. Super koel en super cool.
-
Die prys van onderklere is belaglik. Ek moes gister die voorbeelde op die 120gr papier gaan afhaal, toe sommer by Woollies ingeglip om vir my huishoudster 'n buustelyfie te koop. 'n R100.00 vir 'n 34B! Niks "fancy" nie. Op pad uit, by die uitverkoping rak, sien ons 'n gekante nommertjie, die regte grootte, prys R150.00 afgemerk na R41.00 en wraggies, toe ons mooi kyk sien ons dit het haar naam op. :icon_biggrin:
-
ek is darem dankbaar ek hoef nie elke dag met daai dubbelloop slingervel ingespan te word nie.
-
hehe ek koop my uhm my slingervelle by temptation, hulle nie so duur nie en dit mooi goedjies en dit hou lank. maar nou ja, ook niks onder R150 nie