Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => PM se plek => Topic started by: PM on October 20, 2011, 10:27:20 AM

Title: Stoute Glip
Post by: PM on October 20, 2011, 10:27:20 AM
‘n Duisend voetjies om te was
en ook soveel skoentjies om te pas.
Gelukkig is daar net twee ogies en ‘n mond
en een gesiggie  al te rond.

Jou stoute kabouter.
Hoeveel keer moet ek vra
om asseblieftog skoene  te dra.
Dit is nie maklik nie,  om nog  ‘n
duisend  sokkies ook te was nie.

As jy nie nou luister nie Glip,
gaan ek jou voete afknip,
dan lyk jy net soos jou nefie Flip.
Title: Re: Stoute Glip
Post by: Marion on October 20, 2011, 03:48:28 PM
Baie goed! Jij hebt er iets moois van gemaakt! :hello2:
Liefs,

Marion
Title: Re: Stoute Glip
Post by: Angelica on October 20, 2011, 07:18:54 PM
Giggles.... oulik.
Title: Re: Stoute Glip
Post by: PM on October 21, 2011, 07:16:59 AM
Wow, ek het jou nie hier verwag nie Marion.  Baie welkom en dankie vir die kommentaartjie.   :love7:

Dankie Elle, dit is die begin van my "duisendpootreeks".   :icon_biggrin:
Title: Re: Stoute Glip
Post by: Fransi on October 21, 2011, 07:23:41 AM
 :icon_biggrin: nou het ek lekker gelag. Pittig geskryf.
Title: Re: Stoute Glip
Post by: PM on October 21, 2011, 07:24:45 AM
Dankie Fransi.   :love7: