'n Duisend voetjies om te was
en ook soveel skoentjies om te pas.
Gelukkig is daar net twee ogies en 'n mond
en een gesiggie al te rond.
Jou stoute kabouter.
Hoeveel keer moet ek vra
om asseblieftog skoene te dra.
Dit is nie maklik nie, om nog 'n
duisend sokkies ook te was nie.
As jy nie nou luister nie Glip,
gaan ek jou voete afknip,
dan lyk jy net soos jou nefie Flip.
Baie goed! Jij hebt er iets moois van gemaakt! :hello2:
Liefs,
Marion
Giggles.... oulik.
Wow, ek het jou nie hier verwag nie Marion. Baie welkom en dankie vir die kommentaartjie. :love7:
Dankie Elle, dit is die begin van my "duisendpootreeks". :icon_biggrin:
:icon_biggrin: nou het ek lekker gelag. Pittig geskryf.
Dankie Fransi. :love7: