Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Naas on October 19, 2011, 10:15:09 PM

Title: Bakhand
Post by: Naas on October 19, 2011, 10:15:09 PM
Rooi verkeerslig slaan…
Dwing ryding tot ‘n stop.

Verflenterde bossiekop bedelaar.
Dertien? Veertien? Dalk vyftien jaar.
Speel ‘n jammerlied
op my gevoel se snaar.
Tokkel met sy vyfjaar boetie
as plektrum, oor my hart.
‘n Meesterlike uitvoering
van ‘n ou treffer.

Skurwe tone skoffel
die simpatie-riel oor die teer.
Bakhand vingers hipnotiseer…
Smeekvra aalmoes offer.

My toereteller slaan die rooi.
My moer se bande rook…
Welsyn, waar’s jou werkers?
Regeerder, jou kinders ly.

Die lig spring oor na groen.
Ek spieël hul in die tru…
Kleiner…  Kleiner…  Weg…
Verflenterde bossiekop bedelaar,
met sy broer,
weeg al swaarder
in my kop.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Bakhand
Post by: Meraai vannie Baai on October 20, 2011, 03:03:17 AM
Gekroonde lyne wat smeek vir hardop voorlees aan 'n waarderende gehoor!! Naas elke woord teken 'n blywende prentjie in my geestesoog.  :notworthy:  :book1: :icon_salut:
Title: Re: Bakhand
Post by: PM on October 20, 2011, 08:28:44 AM
Dit is 'n treffer Naas.  Pragtig geskryf en my emosiekrane wawyd oopgedraai. 
Title: Re: Bakhand
Post by: Trapsoetjie on October 20, 2011, 08:55:59 AM
Ek is mal oor die woorde wat jy so bymekaar sit en die wat jy weglaat, praat pragtig saam. Welgedaan Ek hou hiervan!
 :angel12:
Title: Re: Bakhand
Post by: PM on October 20, 2011, 10:38:25 AM
Jy is reg Trappies, dit is uitstekend gedoen. 
Title: Re: Bakhand
Post by: Naas on October 20, 2011, 10:48:06 AM
 :headbang: Dankie  :love7: :love7: :love7:




 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Bakhand
Post by: Angelica on October 20, 2011, 07:22:44 PM
Pragtig.
Title: Re: Bakhand
Post by: PM on November 12, 2011, 07:24:19 AM
Ek het gou weer kom bakhand staan vir 'n mooi gediggie soos Bakhand. 

Vir die eerste keer in 'n lang tyd het ons gisteraand laat van 'n skoolfunksie af terug gekeer en ek was verbaas oor die aantal mense wat die stratevol staan en bedel, daardie tyd van die aand. 
Hannes sê dit lyk asof hulle "skofte werk" op die hoeke van die strate.  (Of die son is te warm in die dag.) Hulle is ook roekeloos, want as jy sien is hy/sy in jou kollig en jy moet rem. 
Dit raak regtig 'n ernstige situasie en ek glo nie dit doen ons regering 'n groot eer aan nie. 
Title: Re: Bakhand
Post by: Assie on December 18, 2015, 06:01:33 PM
Ek lees weer deur Oom Naas se werkies en sien die een.
Dis altyd vir my so hartseer as daar kindertjies betrokke is by die bedelry. Maar ek verstaan as Oupa my keer wanneer ek wil geldjie gee.
Oupa se: "Geld in 'n bedelhand is die naald en gare waarmee jy verderf aan sy gat vaswerk"



 :mumum:
Title: Re: Bakhand
Post by: Meraai vannie Baai on December 18, 2015, 09:23:16 PM
Oupa se: "Geld in 'n bedelhand is die naald en gare waarmee jy verderf aan sy gat vaswerk"  :book1: :notworthy: :icon_salut: