Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Die Gorrel plek => Topic started by: Lox on October 19, 2011, 12:01:28 PM

Title: hoenders
Post by: Lox on October 19, 2011, 12:01:28 PM
Elke oggend betree die trotse hoenderhaan die hoenderhok.   Saggies soen hy nege van tien henne. Maar van die tiende hoenderhen pluk hy 'n veer. So gaan dit aan van dag tot dag.... die nege gesoende hoenders is bly, en die tiende hoender dra die pyn geduldig.

 

Maar op die 14de dag  het die  hoenderhen nou genoeg van hierdie prosedure  gehad en sy skree vir die haan:  "Jy kom elke oggend breëbors  hier ingestap en soen  al die nege ander henne.

<
Maar by my pluk jy  'n veer! Wats jou plan??“

 

Die haan fluister in haar oor:

 

“Vir jou wil ek kaalgat sien Skattie!“
Title: Re: hoenders
Post by: PM on October 19, 2011, 12:10:07 PM
O hallie ha, en ek dink hy is besig om 'n nes te bou!   :icon_biggrin:
Title: Re: hoenders
Post by: Angelica on October 19, 2011, 07:27:38 PM
   :headbang:
Title: Re: hoenders
Post by: Meraai vannie Baai on October 20, 2011, 03:29:53 AM
Jimmmmel nou's ek so dankbaar ek is nie hoender nie.  :toothy4:
Title: Re: hoenders
Post by: PM on October 20, 2011, 07:44:15 AM
Raaitjie, ek wonder of dit is waar die spreekwoord vandaan kom,   sy is die hoenders in vir hom.   :evil6:
Title: Re: hoenders
Post by: Naas on October 20, 2011, 09:04:59 AM
Is hy dan die hane in vir haar?
Die boerdery in die ou dae was die hoenners die vrou se besigheid. As die man haar kwaad maak het sy tussen haar hoenders gaan sit en kook. Die rustigheid van die hoenders was soos prozak virrie siel.
"O jinne vrinne. Luister net hoe lekker lieg ek nou."



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: hoenders
Post by: Trapsoetjie on October 20, 2011, 09:07:00 AM
 :evil6: Hy is 'n haan met anders se vere 

 :angel12:
Title: Re: hoenders
Post by: PM on October 20, 2011, 10:32:08 AM
O goeiste Naas, amper glo ek jou!   :icon_biggrin:  Hy is dalk die hanne in vir haar.  'n Hele handvol planne.

Trappies, jy is skerp sussie, so skerp soos 'n haan se penveer.  Die rus het jou goed gedoen.   :icon_biggrin:
Title: Re: hoenders
Post by: Meraai vannie Baai on October 21, 2011, 12:59:40 AM
 :love7: Ek liefffff ons taal!! Die lyne is gesteel en sodra ek dit mooi gevleg het, kom ekke terug met die buit hoor  :book1: :notworthy:
Title: Re: hoenders
Post by: PM on October 21, 2011, 07:04:34 AM
Iewers het ek 'n gedig geskryf oor hoenders se spreekwoorde, of was dit nie 'n gedig nie?  Sal moet gaan soek.
Title: Re: hoenders
Post by: Chichi on October 24, 2011, 07:48:43 PM
ai die laat mens lekker lag