Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Gawelina se plek => Topic started by: Gawelina on October 16, 2011, 09:15:51 PM
-
Hoe lank nog
gaan ek woordloos
oor onvervuldheid kla,
gaan ek sonder ‘n enkele geluid
skreeu teen die donders van ‘n leë hart
hoe lank nog gaan hierdie hel in my binneste
my brand en brand en brand, tot ek
uitgeput op die grond bly lê
hopie mens, hopie niks
hopie uitgebrande,
nuttelose as?
hoe lank nog
voordat my dwase hart
eens en vir altyd sal kan glo
dat selfs die nuttelose kom tot nut
as ‘n omgee oog sy visier op hom het?
as hy uit gebrande as ‘n steenkoolstukkie neem
en daarmee ‘n nuwe houtskoolskets
op spierwit doek begin –
skoenlapper uit as
nuut en nuttig
totaal uniek
-
Pragtig geskryf Gawelientjie. Ek hou van die positiewe wending van die gedig.
"houtskoolskets op spierwit doek begin..."
-
O jitte.. dis pragtig.
Daar is baie werk hierin gesit en die resultaat is uitstekend.
Jy is 'n vrou van vele talente.
-
Steenkoolsketsies op 'n lewensblaaidjie. Prastag geskryf...
(Prastag - Passend mooi)
:icon_bigsmurf: