Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Die Gorrel plek => Topic started by: Lox on October 13, 2011, 09:51:30 AM

Title: kat
Post by: Lox on October 13, 2011, 09:51:30 AM
Piet haat sy vrou se kat en besluit om ontslae te raak van hom. Hy vat
die kat en ry so 2km en smyt hom uit die kar.Toe hy by die huis kom wag
die kat vir hom.Weer laai hy die kat en ry so 5km en smyt hom uit.Kom by die
huis en hier wag die kat.Hy laai weer die kat en ry nog verder.Dan links,dan regs,
dan 'n ent terug,dan weer links en regs vir kilos en gooi uiteindelik die kat weer uit.
Na 'n ruk bel hy sy vrou en vra of die kat by die huis is."Ja, hoekom? Hy antw "Gee
die foon vir die flippen kat. Ek het in my moer in verdwaal"
Title: Re: kat
Post by: PM on October 14, 2011, 07:00:09 AM
Toe vang slim sy baas.   :icon_biggrin: