Die Afrikaanse Forum
		Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Naas on October 11, 2011, 11:47:03 AM
		
			
			- 
				Vrae?
 
 In die arms van ‘n middernag
 hardloop vrae resies deur die skedel
 om onbeantwoord te weergalm
 in eggos van verlede jare.
 
 Elke vraag se pletterloop
 teen hetnie-raadnie rede
 stuur splinterskrapnel
 deur reeds verpletterd ego.
 
 Ewigkringend sirkelgedagtes
 omring net vuisvoos versugtings.
 Versugtings na onvervulde wense
 in die doolhoof van vrae sonder einde.
 ©
 
 :icon_bigsmurf:
- 
				'n Harde handeklap vir hierdie raakvat, diepdink en intense woorde.
			
- 
				Ek hou van 'arms van die middernag'..
 Dit is daardie middernagtelike vraag sessies met jouself wat so uitmergelend is.
- 
				Pragtig uiteengesit Naas.  Ek is mal oor die halfrym, dit werk uitstekend. Die metrum is 'n uitklophou.  :hello2: