Vrae?
In die arms van 'n middernag
hardloop vrae resies deur die skedel
om onbeantwoord te weergalm
in eggos van verlede jare.
Elke vraag se pletterloop
teen hetnie-raadnie rede
stuur splinterskrapnel
deur reeds verpletterd ego.
Ewigkringend sirkelgedagtes
omring net vuisvoos versugtings.
Versugtings na onvervulde wense
in die doolhoof van vrae sonder einde.
©
:icon_bigsmurf:
'n Harde handeklap vir hierdie raakvat, diepdink en intense woorde.
Ek hou van 'arms van die middernag'..
Dit is daardie middernagtelike vraag sessies met jouself wat so uitmergelend is.
Pragtig uiteengesit Naas. Ek is mal oor die halfrym, dit werk uitstekend. Die metrum is 'n uitklophou. :hello2: