Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: PM on October 11, 2011, 06:12:43 AM
-
Daar diep binne, of agter die masker, skuil soms 'n deel van menswees, wat nie met die blote oog gesien kan word nie.
-
Nou praat jy maatjie. Nou praat jy.
:icon_bigsmurf:
-
:hello:
So waar.
-
Wel, jy wil ook nie altyd jou diep binneste aan die buitekant dra vir almal om te sien nie.
Soms is dit beter so, want mense kan soms geniepsig wees. Oordeel en veroordeel en maak skuldig sonder om die ware toedrag van omstandighede te ken.
Nee wat, dis beter om maskers te dra.
-
Dit is die waarheid Ellé. Om te weet is om te verstaan. Ons sien mense voor die kop, maar nie in die krop nie.
-
Julle woorde st(r)eel 007 se hartsnare en die mandjie lag oopbekkie :book1: :notworthy:
-
Ons is bly 007 is weer aan die wegdra. Ons het jou gemis en ek ys om te dink jy gaan weer binnekort.
Mense dra maskers en bou Jerigo se mure om hulle om seerkry te vermy.
-
Ek stem saam, ja mense bou maskers, maar nie almal het maskers voor almal nie.... soos, die mense wat maskers dra dra hulle want hulle vertrou nie dat jy hulle sal aanvaar vir wie hulle regtig is nie, maar voor hulle geliefdes is hulle net hulle en gaan maskers nie