Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Angelica se plek => Topic started by: Angelica on October 08, 2011, 06:35:01 PM
-
Splinters Tyd
vroegoggend het die son my agter jou rug kom kry
knus
vel teen vel
die duiwe in die wildevy
het skemer nog al ons song gesing
asof hulle weet, tyd saam is min
jy was moeg na die lang rit
en min slaap
jou bene het bly ruk-ruk
nogtans het jy liggies gesnork
ek het soentjies op jou rug geplant
en gewonder of jy daarvan weet...
oor eiers en koffie het ek gewonder
wat sal van my hart word
as die hek oor die pad na die suide
skielik sluit
later het ek weereens saggies gekreun
onder jou gewig
en jou liefde het jy in my beker geskink
tot oorloop
later by die hek, toe jy moes gaan
het ek my vingers toegevou
oor die warm son
en jou asem
in die palm van my hand
-
Hoendervleis mooi Ellé! Keurig geskryf! Ek wag vir nog, dit is werklik mooi.
-
Dankie, PM.
-
Oeps, amper gee ek jou mooi gedig vir Adelé! Gelukkig het sy my gou laat weet dat dit nie hare is nie.
Weereens, 'n prag gedig vriendin. Reg vir boek 2!
-
het ek my vingers toegevou
oor die warm son
treffend!
jou gedigte het 'n manier om mens in te sluk en daar te wil hou - pragtig!
-
Weereens dankie dat julle hierdie gedig, of dan, hierdie splintertjie tyd, gaan uitkrap het.
Dit le my ook na aan die hart.
Ek sal dit beslis gebruik, PM, wil net weer daaraan skaaf (miskien).
Dankie Willa, ook vir jou.
-
en jou asem
in die palm van my hand :icon_salut:
Ek het al gewonder of daar 'n regte tyd is om goed te plaas. Soms plaas 'n ou iets en dit gaan ongesiens verby. Soms lyk dit net so, want ek sien hierdie is al 128 keer gelees!
Dink jy nie dit sal makliker lees as jy "het, skemer nogal," so te skryf nie?
Dalk net "nogal" een woord te maak.
-
Oeeeee dit is DIE mooiste voorbeeld vir 'n kaalvoetgedig hierdie!!!
-
Kaalvoet gedig? Nou toe nou, kyk waar bevind ek my!!!
Dankie Meraai.
Meraai, help gou hier, asb.
PM, ek dink ek moet die sinnetjie (?) verander ?
Die klem moet op die 'al' val - al ons songs - almal ons songs.
Dit is hierdie goedjies wat ek oorgekyk het. Dit moet verander voor dit Boek2 toe gaan.
Ek sal daarna kyk.
-
Dan moet dit net "songs" wees?
As jy klaar geskaaf en geskuur het sal ons weer kyk.
-
Plaas dit met die klem op die 'al' ons songs soos jy voel - ek verstaan wat jy wil skryf en dit sal werk dink ek Angelica. Hulle het dus al julle geliefde liedjies gespeel :notworthy:
-
Werklik besonders geskryf.
-
Dankie julle, vir lees, kommentaar, hulp.
-
Dankie dierbare gas - ek het weer kom verslind met die oge. Elke woord van kies tot kies gerol :love7: :notworthy:
-
Sjoe, dit is 'n mooi gedig laat 'n mens koue rillings kry tot in jou kleintoontjie van pure plesier.
-
Dis altyd lekker om weer te lees. Elke keer skep 'n mens 'n ander emmertjie vol.