Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Gawelina se plek => Topic started by: Gawelina on October 05, 2011, 05:11:22 PM

Title: Ek wonder
Post by: Gawelina on October 05, 2011, 05:11:22 PM
ek wonder of jy my sal hoor
as ek jou vertel
dat woorde mense kan vermoor
en of jy voortaan eers sal dink
voor jy voetstoots
nog menselewens vermink

ek wonder of jy ooit sal sien
dat wraakgedagtes
geen doel kan dien
en of  jy by my sal staan
as ek dalk
weens skande onder gaan

ek wonder of  jy weet
hoe diep ek
ons vriendskap meet
en of jy sal help dra
sou ek eendag
by jou om hulp kom vra

ek wonder wat jy sal doen
as ek jou dalk
sag op jou wang sal soen
en of  jy dan sal voel
dat ek dit waarlik
uit my hart bedoel

. . . ek wonder


©gawelina 2011
Title: Re: Ek wonder
Post by: Louis on October 05, 2011, 08:04:21 PM
'ek wonder'
baie goed bewoord, en relevant omtrent elke dag in verskillende vorms en oor verskillende dinge
pragtig geskryf!
Title: Re: Ek wonder
Post by: PM on October 06, 2011, 12:52:54 AM
Ek stem!  Die gedig roer my hartsnare!  Pragtig Gawelientjie, pragtig.