Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => PM se plek => Topic started by: PM on April 21, 2011, 06:32:10 AM

Title: Na-nag
Post by: PM on April 21, 2011, 06:32:10 AM
Na-nag

Dit is net na ses en
die eerdte voëltjie sing:
“Opstaan jy, opstaan jy, 
die nag is nou verby.”

Voëlvlug swart afge-ets
teen grysgrou lug se kleur
fel weerkaats die skadu’s
in die vispoel se spieël.

Dankbaar sing die voëltjie,
koer ‘n liedjie van hoop.
“Opstaan jy,  opstaan jy,
die nag is nou verby.”