Die Afrikaanse Forum

Die Biblioteek => Nuwe woordskeppings => Topic started by: PM on October 04, 2011, 02:14:34 PM

Title: Snoep
Post by: PM on October 04, 2011, 02:14:34 PM
"Greedy."  Wat is die Afrikaanse woord vir "greedy" vra jongste vir my.

Gulsig
Gierig
Snoep
Vraatsig?
Title: Re: Snoep
Post by: Naas on October 04, 2011, 03:16:08 PM
Jy antwoord jouself...
Almal soos genoem behalwe snoep. Snoep se oorspronklike betekenis is net mooi die teenoorgestelde.
As ouma snoep was met haar lekkers beteken dit sy het maar min op 'n slag gegee. (suinig)







 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Snoep
Post by: PM on October 04, 2011, 06:35:43 PM
Goed, ek sien in wat jy sĂȘ, maar was sy nie "greedy" nie?  Wou sy nie die res vir haarself hou nie?  :sign10:
Toemaar, ek terg maar net 'n bietjie.  Snoep is so 'n mooi Afrikaanse woord en ek wed jou, daar is nie 'n gelyke in 'n ander taal nie.  Wil jy wed?   :icon_biggrin:
Title: Re: Snoep
Post by: Meraai vannie Baai on October 05, 2011, 12:04:04 AM
Snoep :nono:  Ouma se hand het weer klem in die kaak gehad!
Title: Re: Snoep
Post by: Naas on October 05, 2011, 05:46:39 AM
Pragbeskrywing Ta Raatjie.

Daai anner ou, hulle roep hom Jonas. hy gaan vir die eerstehulp kursus oppie plaas.
Die man wil by hom weet of hy weet wat klem innie kaak is.
"Ja" seg die ou "Nou die anner dag daai lou in kamp dertien hy bekruip vir Jonas. Hy storm vir Jonas. Jonas hy skrok baaaie groot. Hy harlop for die boom en hy klem innie kaak en hy klem innie kaak."



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Snoep
Post by: Meraai vannie Baai on October 05, 2011, 06:50:03 AM
Hahahahahaah  :evil6:
Title: Re: Snoep
Post by: PM on October 05, 2011, 07:56:19 AM
Baie dubbelsinnig.  Was dit hy of die lou wat nie snoep was nie?