Dan het iemand jou spore ook uitgevee. :icon_biggrin: Help tog groot asseblief. :love7:
Huh?? Het Gawie se abiesietjies verdwyn?? :dontknow: :crybaby2:
Ek terg haar net so 'n bietjie Raaitjie. :icon_biggrin:
Ek soek na die foto en die skryfwerk apart, gedink ek sal die skryfwerk hier kry.
Die lewe jaag te vinnig by ons verby, daar is te veel om te doen en te min tyd.
S p o r e
spore voor my in die sand
waarheen wil jul my nou vat
watter storie hou hier verband
waarheen hierdie deurmekaar pad
hoeveel van julle loop hartseer spore
hoeveel jubel in die voete se wandel
hoeveel juig want iemand is gebore
wie se lywe was goor behandel
links, regs, grotes, kleintjies,
patroon gladde sandpad
met bietjies van iets
of iemand se hart
hier was 'n kind
hier 'n ou mens en
daar nog 'n seer mens
almal hier voor my
om 'n merk van
ek bestaan ook
hier agter
te laat
PM, die opskrif moet groter en wyer uitmekaar kom om soos tone te lyk. Ek kry dit nie reg nie.
Jou voorbeeld wat jy gestuur het beeld dit pragtig uit. Ek erken ruiterlik dat ek hard probeer het maar dit is net nie so pragtig soos wat jy dit gedoen het nie Gawie.
Ek sien more weer 'n drukker om vir my die boek in "kantlynloos" uit te druk, dan kan ek vir myself sien of al hierdie geneuk met spasies regtig nodig was. Skuus as ek "moerig" klink, maar ek is regtig moereloos.