Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Gawelina se plek => Topic started by: PM on October 03, 2011, 12:49:26 PM

Title: Net bloeisels op die grond.
Post by: PM on October 03, 2011, 12:49:26 PM
Gawietjie, hier is 'n slang in die bos, iemand het jou bloeisels van die grond af gesteel.   :icon_biggrin:  Ek het dit nodig vir die boek liefietjie.  Groot asseblief.
Title: Re: Net bloeisels op die grond.
Post by: Gawelina on October 04, 2011, 08:22:39 AM
Net bloeisels op die grond

Soos menselewens lê hul daar
gestrooi op pad van beton;
hul skoonheid totaal verlore
vir die wat sommer
net onnadenkend stap.

Eens was hul die lentetrots
van ’n boom met lewe;
nou vergete op die grond
weggegooi en vir niemand
van enige doel of nut.

Is dit nie maar soms ook
van die mens op aarde waar?
In jeug en skoonheid baie werd,
maar in ouderdom en swakheid
totaal en al vergeet?

Lê ons nie ook maar net
soos bloeisels gestrooi?
Eens was ons pêrels in ‘n kroon,
nou die uitgetrapte mat
van mens en dier se voet.

Is daar iewers Iemand wat sien
hoe ons op aarde bloei en ween,
of is die verdwaalde mensekind
bloot maar net
vervalle bloeisels op die lewenspad?
Title: Re: Net bloeisels op die grond.
Post by: PM on October 04, 2011, 06:39:51 PM
"Wee" jy mens!  Dit is so 'n pragtige gedig!  Ek gee vir jou twee knieknikke en twee handsnippe!   :icon_biggrin:
Baie dankie Gawie, ek sal nou weer Lox se rubberarm draai vir daai foto.  Die twee komplimenteer mekaar.  Dit is pragtig. 
Title: Re: Net bloeisels op die grond.
Post by: Gawelina on October 05, 2011, 08:38:14 AM
Dit was Andre Jordaan se foto en nie Lox s'n nie.  Was hy dan nie by die fotos wat ek vir jou gestuur het nie?
Title: Re: Net bloeisels op die grond.
Post by: PM on October 05, 2011, 09:07:13 AM
Dit wat jy vir my gestuur het, het die geskryf bo-oor en ek kan dit nie gebruik nie.  Ek wil die foto hê.  Die oorspronklike foto.  Die gedig sal ek van hier af spoeg en plak.

Spore se foto ook.  Daardie "blaadjie" waarop jy voetspore se gedig geskryf het sal ook handig te pas kom.  Intussen sal ek vir jou my weergawe stuur, maar dit is nie so mooi soos joune nie.
Title: Re: Net bloeisels op die grond.
Post by: Louis on October 05, 2011, 08:10:00 PM
nog n pragstuk uit jou pen!
miskien word mens soms vertrap en vergeet in die oomblik maar die spore wat jou wese gelaat het sal tog lank, lank nog agter bly
Title: Re: Net bloeisels op die grond.
Post by: Angelica on October 07, 2011, 10:13:53 PM
Ai, Gawie, jy kan toor met woorde.
Pragtig.