Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Gawelina se plek => Topic started by: PM on October 03, 2011, 12:47:12 PM

Title: Sonop
Post by: PM on October 03, 2011, 12:47:12 PM
Gawietjie, waar is Sonop?  Hier by my is dit nog nag, kan jy asseblief help dat die "son opkom"?
Title: Re: Sonop
Post by: Gawelina on October 04, 2011, 08:15:30 AM
Sonop

het jy al ooit vroegmôre
as almal nog slaap,
vir hart en siel gesôre
deur  sonop aan te gaap?

donker stilte word verbreek
deur  bruising in my bloed,
en nag se onheil verbleek
by aanskoue van die gloed

die wolkevuur wat verbydryf
verlig die swart onsekerheid,
verander  winterkoud lyf
in ekstatiese plesierigheid

in warm kleurespel in die lug
vind ek geen vrees of bangheid,
vir my bou dit ‘n ewigheidsbrug
na vrede en hemelse heerlikheid.
Title: Re: Sonop
Post by: PM on October 04, 2011, 06:47:39 PM
Nogmaals dankie vir jou inset Gawelientjie.  Ek waardeer dit vreeslik baie. 
Ek wens ek kon vir julle almal vertel hoeveel vreugde ek ervaar het om julle werk so oor en oor te lees.  'n Mens lees naderhand goed wat tussen die lyne staan wat jy nooit ooit andersins raak sou lees nie. 
Baie dankie.