Die Biblioteek > Staaltjies uit die ou dae

Stilte in die hof!

<< < (3/3)

adele:
haai Natalie, dis interessant, goete wat ons gewone sondaars nooit geweet het nie ...  :icon_scratch: 

 :grommit:

Angelica:
Baie interessant... die deeltjie oor die sakkie in die toga.

PM:
Ons struikrowers het 'n boekie, jy plaas die note net daarin dan is jy skotvry.  Ek is "halstarrig" haal starig asem, ek weier.  Sy moere en boute. 

adele:
hier het ons onsselwers ook makeer ...

Maar net dalk kan ons nog hofstaaltjies van iewers opdiep.
Ek het so 'n rukkie gelede na 'n gesprek tussen 'n paar mense oor die egskeidingshof geluister. Hartseer, maar ek was ook een keer daar .... en iemand anders se antwoord op 'n vraag van die regter het ons amper onder die banke laat inkruip van die lag. Die man het breedvoerig vertel hoe sy vrou hom uit sy geld uit verneuk en daarom moet hy net skei, om nog kop bo water te probeer hou. Vra die regter hom o.a. of sy vrou voorheen getroud was. Antwoord hy: Ja, Edelagbare, agt keer al.
Ek kon amper die regter se gedagtes lees, gewonder of hy gedink het, maar dan is dit mos jou verdiende loon. Het jy nie gewonder hoekom al die ander mans haar gelos het nie ...?

PM:
O wee!  Arme man?   :icon_biggrin:

Navigation

[0] Message Index

[*] Previous page

Go to full version