Die Afrikaanse Forum
Voorstelle en klagtes => Die Inligtingkantoor => Topic started by: PM on November 13, 2021, 03:30:19 PM
-
My eerste probeerslag.
-
Sien julle dit en hoe groot is dit?
-
Mooi fotos.
:icon_bigsmurf:
-
Hoe groot is dit Naas?
-
PM, dit lyk na net minder as 1g, en dis n goeie grote. Die fisiese vertoon as hy oopmaak is wel taamlik groot, en onnodig om sooo groot te wees, alhoewel dit nie vir my persoonlik pla nie
-
Dankie, ek gaan kyk of ek dit nog kleinder kan maak.
-
Hoe lyk dit?
-
Waar het jy die foto van my skoonma gekry?
Nie gedink sy kan kleiner gemaak word nie.
:icon_bigsmurf:
-
OOM NAAS!!! Ta Maggie het nie sulke lang tande nie en die is 'n mooi varkie.
:mumum:
-
Nee Assie, dis nie die tanne wat my aan skoonma laat dink het nie, dis daai weglê pote en die hangore.
Van Maggie gepraat, wat is die verskil tussen haar en 'n seekoei?
:icon_bigsmurf:
-
SIES OOM NAAS!!! Nee ek weet nie.
:mumum:
-
3 kilogram.
:icon_bigsmurf:
-
:sign10: hahahahaha, gelukkig het ek nie n skoonma nie....
-
NAAS! Jy is veronderstel om my te help om foto's kleiner te maak sodat ek die inligting vir die ouens wat wil saamspeel gee.
Julle drie is baie stout. Dit is tyd dat die tjoekie se deure oopmaak, covid of te not!
-
:dontknow: Maar ek weet nie hoe nie. Ek is nog by die skêr dae. :icon_scratch:
-
Dit is van al die geknip dat jy nie tyd kry om iets te leer nie en ek moet sê, spoeg en plak gaan jou nou nie hier help nie.
-
:evil6: Onthou ek nou daai skêr wat ek in standeerd ses gehad het. Sjoe :icon_biggrin: :hello2:
:icon_bigsmurf:
-
Jou stouter. :love7:
-
Hier moet ek maar self prentjies maak :toothy4: Voel of ek klaar in die tronk is lol.
-
Raaitjie, het jy gesien as 'n mens op die skuifspeltjie klik dan maak 'n venstertjie onder op die skerm oop? Kliek daarop.
-
As ek op hom druk verskyn al die icons wat ons hierbo het. Sniksnik.
-
O gatta pattatta. Ek het weer gaan soek by SMF waar ek die vraag geplaas het, maar dit is nou net weg. Ek het daar gelees van die opgradering, maar dit is beslis nie vir 'n leek soos ek nie.
-
Het ook weer gou self gaan lees maar ver bo my vuurmaakplek ook. As ek op die speldjie druk langs die kant en dit oopmaak op aparte blad is dit ook net die speld-icon. Niks prentjies :crybaby2:
-
Ek het ook 'n briefie geskryf aan Jannas, maar ek weet nie hoeveel kennis hy het van forums nie. Ek sal egter aan elke deur klop tot iemand oopmaak. Daar moet 'n antwoord wees.
Het julle net een rekenaar in die huis? Of dalk 'n slimfoon? Kan jy dit dalk probeer?
-
Raaitjie, dit laat my so dink aan die tyd toe ek so gekla het "oorlat" ek nie icons kon gebruik nie. Niemand kon my help nie en toe net eendag toe werk dit. Naas het ook kop gekrap en alles probeer, maar niks wou help nie. :icon_scratch:
-
Ek het nou al Chrome se nuwe binnegoete afgelaai maar helaas, nog geen fotos te siene. Dalk gebeur die wonderwerk ook eendag vir my soos vir jou :icon_biggrin:
-
Ek het nou weer gesien met die forum se werking, net een "simple" verstellinkie kan alles deurmekaar krap.
-
Dink ek kon van die begin af net fotos sien wat met die ander program wat ek gebruik het, geplaas was. Dink dit is selfde ene wat AB ook gebruik.
-
AB het Dropbox gebruik.
-
Ta Raaitjie, ek is nou deur my profiel waar alles werk. Desperaat probeer die volgende of kyk net wat verskil.
Gaan na: profile
Modify profile
Forum profile
Kyk nou dat al die volgende leeg is:
Location
ICQ
AIM
MSN
YIM
Website title
Website url
Druk op change profile onder regs
Gaan dan terug na forum profile
Kies: look and layout
My keuses is alles skoon
Time is op forum default
Time offset 0
Tweede laaste opsie moet wees "don't show at all"
Laaste opsie "don't show"
Klik weer op change profile onder regs.
Hopelik help dit. Indien nie moet ons maar aanhou probeer. Die forum ghoeroes hap ook spookasem wanneer ons hulle vra en omdat hulle nie direk geraak word nie gaan dit hulle nie eintlik pla nie.
:mumum:
-
Dankie Assie, ek waardeer jou inset. :love7: