Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Naas on May 23, 2011, 12:15:49 PM

Title: Reën
Post by: Naas on May 23, 2011, 12:15:49 PM
Vannag reën dit hier by ons. Nie tippe tippe nie, nee, Sjorrrr Sjorrrrr. In die nuwe SA sal ons seker sê "Dit reën Etniese dames met wandelstokkies" in plaas van my pa-hulle se gesegde van "Ou meide met knopkieries".

Die wind suis saggies deur die kloof
en jaag die volrond swanger wolke aan.
In baringsnood stort vrugbaar water
Oor dorre aard en dankbaar flora.

Vrolik wals die wolk se waterkinders
oor die sinkplaat op die dak.
Die opgewonde waterdruis
se trippe trappe trone
dans die cha cha deur my wese,
spoel al die kommer uit my hart
en ontkiem die hoop vir more.

Ek sink dieper in my verebed,
trek die dons stywer om my vas.
In die knus kokon van vrede
Ontkiem die afwagting van more.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Reën
Post by: Trapsoetjie on May 23, 2011, 12:22:58 PM
"In die knus kokon van vrede
Ontkiem die afwagting van more"

Wanneer die vuurvreet op my sinkdak plaat is dit die laaste gedagte wat deur my vloei...

Dis baie goed geskryf  :icon_bigsmurf:. Jy kan mens altyd so lekker wegdra met jou woorde...

 :angel12:
Title: Re: Reën
Post by: Naas on May 23, 2011, 12:28:12 PM
Aag dankie my skattebol...
"Ek is net bietjie bang vir daai vuurvreet...!


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Reën
Post by: Trapsoetjie on May 23, 2011, 12:30:44 PM
 :icon_biggrin: Jy en my beterhelfde is mos mal oor daai geluid op die dak as die reen so val, ek wil mos altyd anders wees. Nou is ook nie 'n uitsondering nie. Hou nie baie daarvan as dit reen en ek moet slaap nie...Vuurvreter op die dak van my huis.  :icon_biggrin:

 :angel12:
Title: Re: Reën
Post by: PM on May 23, 2011, 12:59:08 PM
Naas, hier het jy my toe Kaap toe gevat!  Dit is net daar, in die Moederstad,  waar sulke mooi dinge gebore word!  Dit is werklik baie mooi.  Anders as Trappies, dans ek saam met die waterkinders die cha-cha-cha op die dak! 
Title: Re: Reën
Post by: adele on May 23, 2011, 07:27:41 PM
ek wag vir daardie tippe-tappe wat al hoe vinniger aanstorm en met Sjorrrr Sjorrrrr die nag insleep, geniet die winterreën, ons kry later die vriesende koue. pragtige gedig, Naas, die mooiste vergelyking met wegspoelkommer en knusse rustigheid waarmee jy jou omvou, nie meer 'n kommernis wat jou slaap versteur nie.

 :grommit:
Title: Re: Reën
Post by: Naas on May 23, 2011, 08:16:29 PM
 adéle ???
Dankie vir die mooi woorde.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Reën
Post by: Angelica on May 24, 2011, 06:34:13 AM
As jy die winterreen van die Kaap so mooi beskryf, mag ek dalk net met ander oe na die koue, nat, donker winter kyk.
 :angel8:
Title: Re: Reën
Post by: Naas on May 24, 2011, 08:06:12 AM
Ek is bly ek kon die winter vir jou so bietjie opkikker Angelica.
Ek hoop julle gaan almal baie tyd onner die warm dons spandeer.  :love7:


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Reën
Post by: PM on May 24, 2011, 10:01:35 AM
"spoel die kommer uit my hart"  dit was vir my ook opvallend Adéle. 
Title: Re: Reën
Post by: Louis on May 24, 2011, 07:56:21 PM
reen wat so val op n dak is vir jy ook baie gerusstellend en noop my om snoesig te raak
hou baie van die gedig!