Author Topic: Outop se nuwe (wyer) lens  (Read 4966 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Outop se nuwe (wyer) lens
« on: May 24, 2015, 04:52:22 AM »
Die lens is 'n gewone Sigma 10 -20mm en prys is $400. Nie sleg vir die kwaliteit fotos wat dit neem nie. Ek dolverlief geraak op die klein wye lensie. Nie goed vir dierelewe vasvang nie maar uitstekend vir landskap en nagfotos. Soms geneig om die bome aan die kante 'nederig te laat buig' maar as jy mooi mik, is dit nie 'n probleem nie. Hier is 'n paar sonsondergang fotos wat ons geneem het met hom.








« Last Edit: May 24, 2015, 10:34:40 PM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Outop se nuwe (wyer) lens
« Reply #1 on: May 24, 2015, 04:57:02 AM »
Die ene het ek as toets geneem om te sien hoe dit beweging vasvang. Doer in die agtergrond is Fraser Island en ons het gekamp by Inskip Point ('n nasionale park) en jy kan feitlik op die strand kamp teen $11.50 vir twee persone per nag. Slegs longdrops beskikbaar lol, maar as jy lief is vir die natuur en 'n tent of wieletjieshuis het, gaan jy jouself oortref! Water is verkrygbaar net buite Rainbow Beach die dorpie wat so 15 km ver is met netjiese teerpad tot by die kampplekke. Die ferry vertrek van hier af na die eiland oorkant. As julle ooit in Aus kom kuier is hierdie bestemming 'n moet op jou lysie.

« Last Edit: May 24, 2015, 04:58:47 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Outop se nuwe (wyer) lens
« Reply #2 on: May 24, 2015, 05:03:05 AM »
Hier kan mens sien hoe die bome nederig buig na binne (linkerkant veral). In die geval het dit vir my bygedra tot die geheel van die toneel en ek het dit nie uitgesny nie.



Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Outop se nuwe (wyer) lens
« Reply #3 on: May 24, 2015, 05:07:17 AM »
Hierdie foto is met Outop se kanonlens geneem  :toothy4: (Sony G lens 70 - 400mm) Hopeloos te swaar vir my om rond te loop  :icon_bigsmurf:
Ek is heeeeel tevrede met die baie goedkoper, ligter lens, maar moet erken as jy die tonele 'crop' wat hierdie massiewe lens neem kan min dinge by die eindproduk kom!



Die groot lens se enigste beperking is dat jy nie te naby voorwerpe kan afneem nie. Maar nog steeds in staat om pragtige natuurtonele vas te vang.

« Last Edit: May 24, 2015, 10:34:06 PM by Meraai vannie Baai »

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Outop se nuwe (wyer) lens
« Reply #4 on: May 26, 2015, 04:38:46 PM »
dankie vir die wys, ek oorweeg ook i 10 tot 20 mm lens vir landskappe. nou sien ek wat hy kan maak

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Outop se nuwe (wyer) lens
« Reply #5 on: May 27, 2015, 01:16:32 AM »
Jy sal nie spyt wees nie mater.