Author Topic: botswana - oppad huistoe 16 C  (Read 3967 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
botswana - oppad huistoe 16 C
« on: July 13, 2011, 07:15:03 PM »
Weer duin 45
542 en 543




Op pad sesriem toe het die veld mooi gelyk wat gewoonlik swart sonder gras is.

544 tot 546








547 het warick geneem



548 W


549W sesriem se canyon van bo.




Dit was die laaste besoekpunt van ons trip en nou mik ons huistoe, sal maar sien waar ons vanaand slaap.
Ons mik Maltehoë toe en sal maar sien waneer ons daar aankom. Die veld is mooi na die reën. Gras is lank.

Dink eers om iewers kampeerplek te soek maar wil gou eers in die hotel waarvan om Jan Spies so baie vertel het, ‘n bier gaan drink.
Vriendelike mense daar en ons besluit om oor te slaap in die hotel dan kan ons di evolgende dag vroeg in die pad val.
Die kroegman vertel dat die boere paadjies in die gras moet sny wat na die waterdrinkplek loop anders vrek die skape en springbokke want hulle verdwaal in die lang gras en vind nie die water nie.

Sommer saam met die hotel bestuur en hulle pelle gebraai die aand.
Het ongelukkig nie fotos geneem daar nie, net die een
550



Ons is Dinsdag oggend vroeg weg daar en op Marienthal petrol ingegooi en sommer in die Wimpey ontbyt geëet. Koop die Rupebliekein koerant terwyl ons wag vir kos en blaai daar deur en daar is ‘n volblad  artikel oor Mufasa binne in.

By Keetmans het ons by die vulstasie langs die pad stilgehou, ons tafel afgehaal en brood met konfyt en kaas genuttig. Daarna weer in die pad geval.

Uiteindelik by die gens aangekom.
551 W dis die laaste foto wat geneem is en wel van Noordoewer se grenspos.


Ons het die middag 4 uur se kant op Kammieskroon gewees en by ons buurman wat van daar kom, se ma oorgeslaap.

Volgende oggend vroeg gery en was sowat half 12 by die huis gewees. Dit was Woensdag 30 April net voor die langnaweek. 

Net die belangrikste goed uitgepak en gewag dat kinders uit die skool kom en nog 300 km Hartenbos toe gery vir die langnaweek wat ek seker 50 na 60 % om geslaap het.


Hoop julle wat saam op papier getoer het, het dit geniet. Dalk toer van julle ‘n volgende keer saam.
Ek wil vir die 6 ander mense wat saam was baie dankie sê dat julle die toer help wonderlik maak het en veral vir Albertus en Warick, ek weet ek ek sal met julle 2 die 10 weke trip Kenia toe kan aanpak.
Ons soek net die borge want tyd sal ons kan maak.

Dankie aan ons Hemelse Vader wat ons veilig en voorspoedig gelei het. Ons het nie eers ‘n papwiel gehad nie.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: botswana - oppad huistoe 16 C
« Reply #1 on: July 14, 2011, 09:33:10 AM »
Baie dankie Lox.  Ek het die toer terdeë geniet.  Hier is 'n hele paar wenfoto's by waaroor ons nog moet gesels. 

Nogmaals dankie,  dit was 'n voorreg.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: botswana - oppad huistoe 16 C
« Reply #2 on: July 14, 2011, 02:23:13 PM »
groot plesier is my voorreg om dit te wys. jy moet my maar vertel wat jy dink van watter fotos ek het al gewonder of ek nie dalk i klomp fotos in i boek moet plaas nie
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.