Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Helpmekaar => Topic started by: Ah Willa on November 13, 2012, 10:37:52 PM
-
Gaan hier (maar jy moet tweet op twitter om in te skryf :-) Voor 30 Nov
as julle deel neem - laat my weet dan # ek jou Tweet-naam, en die kompetisie se # plus jou Haiku - sal dit waardeer as julle selfde vir my doen
op twitter sal jy my hier vind : https://twitter.com/AhWilla
vir die kompetisie reels en inligting gaan hier - Raaitjie en PM daar is ongelooflik baie inligting op Haiku - of soos hulle dit nou in Afrikaans gedoop het haikoe
http://www.litnet.co.za/Article/kompetisie-skryf-die-groot-afrikaanse-haikoe
-
Dit kan ge-vonkpos word ook
maar ek dink op Twitter as mense dit re-tweet - mag dit dalk in jou guns tel - so doen beide as jy kant
Skryf só in
Stuur jou haikoe, asook jou naam en kontakbesonderhede, voor 30 November per e-pos na gedigte@litnet.co.za. Sit die woorde “Afrikaanse Haikoe” in die onderwerpveld. Alle inskrywings sal op LitNet gepubliseer word.
Jy kan ook op Twitter inskryf!
1. Volg @MyLitNet op twitter.
2. Skryf jou twaikoe (twitter-haikoe), gevolg deur die @MyLitNet-identifiseerder, en #AfrikaansHaikoe as “hash tag”.
3. LitNet sal alle inskrywings hertweet en ook op litnet.co.za publiseer.
Alle haikoes sal deur ons paneel beoordelaars gelees word. Die hoofbeoordelaar sal die wenner kies uit ’n kortlys van vyf finaliste.
-
Hier is my Haiku - Raaitjie onthou jy - nog van Woes se dae af ... PM en McFarlan het my ook nog gehelp en as ek reg onthou onse Langenhoven ook
ek is nie seker hoeveel haiku ons kan inskryf nie - werk nog deur die inligting ...
as ek net een kan kies - watter een sou jy gekies het - of moet ek 'n nuwe een probeer skryf :love7:
JY = ALMAL wat hier lees en gaag input wil gee - ek's nie bang vir skaaf en skuur nie - dis al hoe ek leer en groei ... :triplets:
Deesdae
kinders met groot-mens
gesigte weggooi klere
vandag straat mode
© Ah,Willa!
_____________________
Koffie
Bitter donker swart
nege tot vyf verslawing
koppie boere troos.
© Ah,Willa!
---------------------------
Stad
Beton oerwoud dig
Stram ou gesigte soek nie
Weet dis net koud hier.
© Ah,Willa!
--------------------------------------
Gewoontes
Geskeurde ma hart
jong kind 'n dwelm verslaafde,
geen rede, net seer.
© Ah,Willa!
--------------------------------------------
Lewe 2008
Styf getrekte spier
onnatuurlike lewe
nou verkrag, more?
© Ah,Willa!
-----------------------------------------------
Gevoel
Geskep deur God hand
vertrap deur mens voet net so
gelos stukkend hart.
© Ah,Willa!
--------------------------------------------------
Spitsverkeer
'n Verkeer sirkel
nog 'n ronde bal vuis wys
spoed en tyd oorlog
© Ah,Willa!