Die Afrikaanse Forum
Bak en brou => Resepteboek => Lekkers => Topic started by: PM on January 30, 2012, 12:02:25 PM
-
Malvalekker-Maries
Bestanddele:
1 Lekkermalva per Mariebeskuitjie.
So maak mens:
Plaas die malvalekker op 'n Mariebeskuitjie en plaas dit vir 1 tot 2 sekondes lank by 100% krag in die mikrogolfoond of totdat die malvalekkers net gesmelt is.
Laat dit afkoel en geniet.
-
En danksy ons gas wat vroegoggend deur die resepte laning dwaal, kom ek ook nou op hierdie heerlike lekkerte af. Ons kabouters is hoeka gaande oor beide die bestanddele!! Dankie matertjie :bootyshake: vir die aandra. Ekke is die 99ste besoeker hier :hello2:
-
So maklik en sooooo lekker.
-
My seuns dank jou by voorbaat. :)
-
Groot plesier. As jy lus het kan jy 'n roomyshorinkie neem, 'n paar lekkertjies daarin plaas en dit op die warm malvalekker druk. Neem dan nog 'n malwalekkertjie en sit 'n hoedjie op.
:bootyshake:
-
klink na 'n bakgat kombuis sessie...