Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Die Gorrel plek => Topic started by: Meraai vannie Baai on September 29, 2011, 12:37:06 AM

Title: Pollyfilla
Post by: Meraai vannie Baai on September 29, 2011, 12:37:06 AM
Meraai sê vir Gatiep hy moet Pollie, haar pappegaai, kos gee terwyl
sy weg is. Toe sy terug kom, is Pollie stokstyf.

Sy vra Gatiep wat hy vir Pollie gegee het, waarop hy sê "pappegaaikos". "

Wat se soort pappegaaikos?" wil sy weet.

 "Daai boksie wat sê Pollyfilla", antwoord Gatiep.
Title: Re: Pollyfilla
Post by: PM on September 29, 2011, 06:55:11 AM
As jy jou verantwoordelikheid wil oordra, moet dit gepaard gaan met deeglike instruksies.   :icon_biggrin:
Title: Re: Pollyfilla
Post by: Naas on September 29, 2011, 11:56:33 AM
Laat my dink aan die ryk boer wat met vakansie gegaan het.
Voor hy loop los hy opdrag vir Jonas om die swembad skoon te hou. Elke dag 'n chloorpil in die bad te gooi. Hy moet ook die duur stoetbul oppas want dit is tyd dat die koeie gedek moet word. Die steotbul moet ook elke dag sy bulpil (koeiviagra) kry.
Jonas se grysmassa is nie meer op skoolstandaard nie en hy raak deurmekaar met die pille.
Drie dae later bel hy die boer. Baie benoud.
Wat's verkeerd Jona? wil die boer weet.
Oubaas, die bul hy pie wit en sy mis hy's wit. En vanoggend toe Sara die wasgoed wil ophang jaag die creepy crawly haar al om die swembad.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Pollyfilla
Post by: PM on September 29, 2011, 12:40:33 PM
En om te dink, ek het nooit gedink die goed kan werk nie!   :sign10:
Title: Re: Pollyfilla
Post by: Lox on September 29, 2011, 02:42:10 PM
PM, die chloor of die viagra?
Title: Re: Pollyfilla
Post by: Meraai vannie Baai on September 30, 2011, 02:59:20 AM
O griekie verdriet hier kom 'n ding.  My plek is geboek doer agter in die hoekie  :book1: :notworthy:
Title: Re: Pollyfilla
Post by: Naas on September 30, 2011, 08:17:45 AM
Hier by ons poeier die bouers viagra en strooi dit oor die gras. Soggens maak hulle dan die erdwurms bymekaar en gebruik hulle vir dakspykers.
Tye verander. Ek weet my voorouers het gebreide kondome gebruik en baie kinders gehad maar dit laat my wonder wat grootjie gemaak het sonder viagra.




 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Pollyfilla
Post by: PM on September 30, 2011, 11:51:12 AM
O gonna Makkadonias. 

Ek weet nie wat het grooitjie gedoen nie.  Ek weet net die gras op die walle van die rivier was altyd groen en het welig gegroei.   :dontknow:
Title: Re: Pollyfilla
Post by: Meraai vannie Baai on October 01, 2011, 02:05:20 PM
007 bind net gou strikkie om die wurmpieek bedoel erfie. I'll be back  :notworthy: :book1:
Title: Re: Pollyfilla
Post by: Chichi on October 24, 2011, 08:02:13 PM
hehe ek het die viagra oor die gras en erdwurmspykers vir my pa vertel, hy het nou amper van sy stoel af geval...
Title: Re: Pollyfilla
Post by: Naas on October 25, 2011, 06:36:26 PM
Met die sinieliteit van ouderdom gebruik die oom per ongeluk Tipex ipv viagra. Die volgende oggend word hy wakker met 'n groot korreksie.





 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Pollyfilla
Post by: Chichi on October 25, 2011, 09:18:53 PM
hehe korreksie....

ek weet nie waarvan jy praat nie

(http://www.getsmileyface.com/sm/cartoon/1238.gif)
Title: Re: Pollyfilla
Post by: PM on October 26, 2011, 07:30:01 AM
Wit is seker beter as blou.   :icon_biggrin:
Title: Re: Pollyfilla
Post by: Naas on September 17, 2021, 10:49:34 AM
Halwe viagra in die aand keer dat omies nie van die bed af rol nie.
Dokter skryf vir oom viagra voor. Tannie vra vir klem in die kaak inspuiting wNt geroeste spykers is lewensgevaarlik.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Pollyfilla
Post by: Assie on September 17, 2021, 12:34:02 PM
Oom Naas, ek het bietjie vergeet, wat is die viagra waarvan almal so praat?

 :mumum:
Title: Re: Pollyfilla
Post by: PM on September 17, 2021, 10:20:57 PM
Daar het ek nou my "pillitjie" vir die aand ingekry!  Ek dink ek gaan droom  van pappegaaikos, swembadpilletjies en stokstyf wakker word.   :toothy4: