Author Topic: Nog 'n gatslag vir Lox en Vroulief.  (Read 10658 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Nog 'n gatslag vir Lox en Vroulief.
« on: February 08, 2012, 07:11:51 AM »
Ek het so pas van Lox verneem dat hulle huis gister halfpad afgebrand het. 
Die polisie en forensies sal vandag 'n ondersoek kom instel.
Al sy foto's, sy rekenaar en papierwerk is daarmee heen. 

Lox is baie dankbaar teenoor sy gemeenskap.  Hy sê, binne 'n ommesientjie was almal daar om te help.  Dit is mos in tye van nood wanneer jy besef wie jou ware vriende is. 

Daar is versekering op die eindom, ongelukkig is daar sekere artikels wat soveel sentimentele waarde het, geen geld kan dit vervang nie. 

Lox, ons dink aan julle en die ongerief wat julle in die volgende maande moet uitstaan. 
Gelukkig vir jou pragtige positiewe geaardheid.  Verder het ek nie woorde nie matertjie.


Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Nog 'n gatslag vir Lox en Vroulief.
« Reply #1 on: February 08, 2012, 07:17:21 AM »
My hart klop in my keel vir julle Stoffel!! Sterkte mater, Meisiekind se nuwe liefde in haar lewe was deur dieselfde treurspel en dit ruk mens in flarde man. Toevou met omgee!
 

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Nog 'n gatslag vir Lox en Vroulief.
« Reply #2 on: February 08, 2012, 07:32:41 AM »
Ek hoop dat AB baie gou weer toegang sal hê en kan kom saam kuier. Ek gaan hom vreeslik mis.
Ek is baie dankbaar dat hy hier en op die ander forums, die geleentheid gehad het om van sy foto's te plaas.  Dit is nou wel verklein, maar dit is darem nie heeltemal weg nie.  Ek weet wat sy foto's vir hom beteken en my hart gaan uit na hom.   :crybaby2:

Die eerste ding wat hy vir my gesê het, is "Ons lewe nog" en ek het gelag en geskerts "dit is goeie nuus".  Eers toe hy verduidelik dat hulle baie dankbaar is dat hulle nie geslaap het nie, het ek verstaan wat hy bedoel het.  Ek het nou nog hoendervleis! 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Nog 'n gatslag vir Lox en Vroulief.
« Reply #3 on: February 08, 2012, 08:46:22 AM »
 :crybaby2: Dis vreeslik, so 'n vlammetjie wat so mooi is in 'n braaibak, so lelik kan vernietig. So jammer Lox. Roep as daar enige iets is wat ons kan doen.

 :angel12:

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Nog 'n gatslag vir Lox en Vroulief.
« Reply #4 on: February 08, 2012, 09:17:29 AM »
 :hello:

Sjoe,  :crybaby2: ek is regtig jammer dat soiets veral nou gebeur het. Baie sterkte.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Nog 'n gatslag vir Lox en Vroulief.
« Reply #5 on: February 08, 2012, 08:33:31 PM »
Lox, ek is so verskriklik jammer dat hierdie ding ook moes gebeur.
Maar soos jy se, julle leef. En ons is saam met almal dankbaar daaroor.
Daar is dinge, persoonlike goed, wat julle nooit weer sal terugkry nie. Maar julle het mekaar. Is dit nie die belangrikste?
Hoop dinge word gou afgehandel, dat jul lewens weer kan voortgaan.
Sterkte vir jul albei.
elle

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: Nog 'n gatslag vir Lox en Vroulief.
« Reply #6 on: February 09, 2012, 10:35:56 PM »
Sjoe!! ek is so jammer om hierdie te hoor!! Ai tog ek hou julle in my gebede! Ek hoop dinge kyk vinnig op en dat die hulp wat nodig is met liefde gegee word! *drukkies sommer vir almal* Baie baie baie sterkte!
*The one and only AWESOME-EST


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Nog 'n gatslag vir Lox en Vroulief.
« Reply #7 on: February 15, 2012, 11:40:38 PM »
Ons was vandag by Lox en vroulief en ons het 'n fantastiese dag beleef. 
Uit die aard van die saak is ons daarheen met hoë verwagting, maar toe ek hulle huis sien, van die pad af, wat swart gebrand is, kon ek nie my emosies onder beheer kry nie.  Ek het skaam vir my eie trane, agter die voertuig weggekruip.  Lox moes  MY  troos!
Sy eerste woorde aan my was:  PM, ons leef!  Kyk!  Die son skyn!
Maar al wat ek kon sien was 'n huis, 'n huis waar ons skaars ses maande gelede besoek het, vol van vreugde, vol van lewe, nou, dood gebrand.  Die stank is oorweldigend.  Die reuk van "alles afgebrand" oorweldigend.  Ek glo, 'n reuk waaraan hulle intussentyd moes aanvaar as "die norm". 
Ag fok verskoon my, maar ek snik my hart uit!
Ons stap saam met Lox deur die huis en hy wys waar wat was, maar ek is so verslae, ek vang net hier en daar wat hy sê.  Ons stap in sy seun se kamer in en ek sien die mure vol geskroeide foto's van vervloë helde en my hart klop vurig in my keel.  Die prentjie van my eie kinders en hulle helde, en hoeveel hierdie helde vir hulle beteken het, speel die Currycup voor my oë af en my hart snik.  Lox vertel van Springboktruie en ander truie en ek vang net hier en daar, want my hart huil homself stukkend!
Buite voor die deur, ek bedoel buite die gebou, staan 'n klomp "scrap".  Dit, verduidelik Lox, is die ou Remmington tikmasjien, dit was die waaiers, dit was vroulief se omkapmasjien en dit was ons lugreëling, dit was die musieksentrum en dit was....  en daar breek my hart weer aan stukke. 
Buite blom die rose asof hulle betaal word.  Die vyeboom dra hom dood aan die wonderlikste soetste vrugte.  Die plantegroei is "lush" en ek verwonder my aan die "lewe" buite en om die huis. 
Wat my die meeste verstom is AB en Antoinette se wonderlike uitkyk, hulle is so positief, hulle het dalk materiële dinge verloor, maar hulle is so dankbaar dat hulle nog lewe, dat hulle mekaar nog het, dat hulle 'n nuwe toekoms ingaan.  Ons het vandag soveel van hulle geleer! Dit is ongelooflik. 
Al wat ek kan sê is dat julle 'n wonderlike voorbeeld vir ons is en dat dit vir ons 'n groot voorreg is om mense soos julle te ken. 
Ons weet dat die volgende paar maande nie vir julle maklik sal wees nie.  Weet net dat ons julle elke dag in ons gedagtes sal hou.  Hou ons ook maar op hoogte van julle doen en late.  Ons sal dit baie waardeer!
Lief vir julle,
Ons almal.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Nog 'n gatslag vir Lox en Vroulief.
« Reply #8 on: February 16, 2012, 12:04:44 AM »
En nou probeer ek so deur die trane my boodskap los  :crybaby2: Mater ons dink aan julle, deur PM se woorde het die swart beelde afgespeel op my tikker se skerm waarmee julle elke dag gekonfronteer word. Omgee kombers oor julle gesinnetjie  :love7:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Nog 'n gatslag vir Lox en Vroulief.
« Reply #9 on: February 16, 2012, 12:12:25 AM »
ekke ook sonder woorde    :love7:   

adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Nog 'n gatslag vir Lox en Vroulief.
« Reply #10 on: February 16, 2012, 08:39:57 AM »
Ek wens net ek het die regte woorde geken...
Hulle is twee sterk positiewe mense en ek weet hulle sal bo uitkom.   :love7:
Daar vergeet ek toe skoon om hulle liefde en groete aan almal oor te dra. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Nog 'n gatslag vir Lox en Vroulief.
« Reply #11 on: February 17, 2012, 02:07:24 AM »
Kom dankie skrywe vir die liefde en groete  :love7: :notworthy:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Nog 'n gatslag vir Lox en Vroulief.
« Reply #12 on: February 17, 2012, 11:45:40 AM »
en ek kom dankie skryf vir die druiwe en lieflike ryp vye uit Lox se tuin, vir ons kaas en wyn funksie vanaand.
Baie dankie.  :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Nog 'n gatslag vir Lox en Vroulief.
« Reply #13 on: February 17, 2012, 12:21:24 PM »
Ek het 'n wonderlike dag saam met Lox en Antoinette en natuurlik PM en Hannes, gehad.
Soveel van natuurskoon oppad en daar, het ek lanklaas beleef.
Ons was self in die wingerde en het die oesproses aanskou.
Ons eet onder bome by die restaurant waar die hoenders tussen die tafels kom soek vir 'n happie vir die klein kuikentjies.  Hasies in 'n hok en pappegaaie wat aandag soek. Perde, ganse en self 'n Pot Belly vark voltooi die plaas atmosfeer.  Ek het lanklaas so 'n lekker hoenderslaai ge-eet.  EN, ons drink 'n Badsberg Belladonna'tjie so reg uit die Badsberg kelder.
Daarna neem Lox ons na die Badsberg kelders en verduidelik baie geduldig die hele proses vandat die druiwe die kelder bereik, totdat die wyne en brandewyne in die massiewe tenks le en wag tot botteltyd.
Dis bedompig. Dis nat en glad van die soet sap en die staal trappies is steil.  Ek begin later bietjie bewe en voel tonne beter toe ek wil in die son kom.
Ons koop bottels van Lox-hulle wyn en karwei al die pad terug Kaap toe.
Terwyl PM en Hannes saam met Lox druiwe en vye pluk vir die funksie vanaand, gesels ek met Antoinette en Annemie in die kombuis oor koffie en 'n boksie koekies rondom die tafel wat behoue gebly het.  Ons lag en praat en deel staaltjies van kinders se troues en oor die wat nog moet gebeur. Antoinette wys 'n serp wat 'n familie-lid vir haar gegee het, nog in die geskenksakkie, wat bo-op haar T-shirts gele het.  Die T-shirts het verbrand, maar die pakkie met die serp nie.  Die hang nou in die kombuis oor 'n stoel om te lug.  Dalk sal die brandreuk met tyd verdwyn.
Ek sal nie vergeet hoe Antoinette agter uit haar keel lag.... terwyl die een helfte van haar huis in swart stukke le nie.  Die reuk van brand is orals.  Maar Lox en Antoinette bly vol moed en vol hoop dat hulle dalk oor drie maande, eers oor drie maande, weer hul eie huis sal kan betrek.
Intussen gaan die lewe voort en die druiwe moet af.
Lox en Antoinette, julle is in ons gedagtes en in ons gebede. 
elle

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Nog 'n gatslag vir Lox en Vroulief.
« Reply #14 on: February 19, 2012, 06:36:04 AM »
Ek lees en lees alweer. Duisend dankies vir die voorreg om saam met julle deur alles te kan stap en beeldend te ervaar :notworthy: :love7:
AMEN dan ook op die laaste deel uit jou pragtige terugvoering Angelica -  Stoffeltjie, julle is ook in ons gedagte en gebede!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Nog 'n gatslag vir Lox en Vroulief.
« Reply #15 on: February 19, 2012, 08:33:32 AM »
Ek het so 'n paar minute gelede met Lox gesels.  Sy rekenaar is opgestel en hy wag seker vir 'n nuwe wagwoord, want hy het sy oue vergeet en ek weet nie wat dit was nie. 
Hy kan lees maar nie antwoord nie, of nog nie.   :icon_biggrin:
Hier kruip die klein frustrasietjies nou in, want waarheen verwys jy? 
Raaitjie, hoe lank wag 'n mens vir 'n nuwe wagwoord?

Ons tafels het nie net mooi gelyk met die vye, oopgebreek tussen in nie, maar ons het 'n groot bord vol in maklikeetbare stukke gesny en die mense wat weet van vye, het dit terdee geniet.  WW se ogies het geblink en hy het almal gewys hoe 'n mens 'n stukkie op die kaas pak en hap.  :icon_biggrin:
Tussen al die vye was daar een wat suur was. Raai wie het dit gekry? Onse seremoniemonster!  :icon_biggrin: Voor die funksie begin vat ek hierdie lekker groot vet vy en bied dit (soos 'n kat vir sy meester 'n dooie muis vang) aan vir Naas om hom te "treat".  :dontknow: Gelukkig het Naas net een klein proetjie geproe, want hy ken van vye.   :icon_biggrin:
Na die funksie is daar 'n hele paar ouens wat 'n paar trosse druiwe gekry het.  Baie dankie Lox, dit was baie lekker druiwe en het ons tafels pragtig versier.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Nog 'n gatslag vir Lox en Vroulief.
« Reply #16 on: February 19, 2012, 11:33:15 AM »
Baie opgewonde dat onse Loxie weer aanlyn gaan wees. PM ek dink dit vat nie lank om nuwe wagwoord te kry as ek reg onthou. Die rooiwyn vee vanaand biekie uit aan die presiese ure/dae toe ek laaste aangevra het vir nuwe ene om te kan aanteken  :icon_bigsmurf:

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Nog 'n gatslag vir Lox en Vroulief.
« Reply #17 on: March 04, 2012, 06:43:15 PM »
so lyk dit toe na die brand



die tv kamer waar dit begin het, tv het aan brand geraak.



oorblyfsels van my kantoor



my liasseer kabinet


iewers daar binne is baie papiere wat ek nog gaan soek.


malherbe se kamer, die tambotie tafel waarop sy rekenaar gestaan het, sy kamer het totaal uitgebrnad, kon niks daar herwin nie. emboia klere kas ook net as oorgebly.



hoofslaapkamer

my emboia kas ook heel uitgebrand.


dubbelbed kopstuk



toilet en wasbak met stort voor die toilet.


Anton se kamer darem nie uitgebrnad nie. kon sy emboia beddens en kas red, sy klere bruin en vol rook. foto geneem na die goed uitgedra is.



die rook trane by die voordeur waar nie gebrand is nie



ons eerste middag ete na die brand, kos by ouetehuis gekry


die gemors moet opgeruim word, voel of dit iemand anders se goed is.



vrou soek haar oorblyfsels deur



eens op i tyd 'n trotse trofee gewees, net net roland ward, nou is dit 'n unicorn eenhoring.



oorblyfsels van my kamers an ander goed



die serp het in die kers papier bo op die vrou se t hemde in haar kas gele, die t hemde het gebrand en die kers papier het die serp besekrm, ruik net na rook.



is die bed aan die brnad gesteek?



voel of dit iemand anders se goed is en as jy daaraan dink dat dit 'n horrer movie se stel is.

ons stort kamer is weer regemaak, nuwe toilet gekry en skoongemaak. die water en krag kom van die kombuis af, dus kon dit maklik weer in werkernde toestand gekry word, hulle het ook tydelike dak oor gesit. ons het vandag weer terug getrek en slaap vannad in die braai kamer. klomp vreemde geluide wat ons nie ken aan die kant van die huis nie.



skoonmaak span wat die mure was.



die gemaanskap se mense was/is ongelooflik goed vir ons. gistraand so "kitchen tea" of te wel slaapkamer tea gehad, en hier maak vrou so paar geskenke oop.


en lyk in haar noppies



en ons manne het 'n drankie gedrink



dis nou 10 dae later en dit voel steeds soos 'n droom. My vrou het nog nie eers klaar getreur oor haar ma se dood nie en toe tref dit ons 1 week na die begrafnis, maar ons kyk vorentoe, ons lewe en die son skyn en ons vat dit dag vir dag. verder vir die res oes ons en dit lyk mooi, een blok steen slefs 100 % op van laasjaar se oes.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Nog 'n gatslag vir Lox en Vroulief.
« Reply #18 on: March 05, 2012, 05:18:32 AM »
Nou kan julle sien hoekom ek sommer in trane uitgebars het, maar AB met sy mooi sin vir humor het gou vir my 'n paar "gerookte vye" aangebied en toe voel ek darem 'n bietjie beter.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Nog 'n gatslag vir Lox en Vroulief.
« Reply #19 on: March 05, 2012, 08:52:06 AM »
 :hello:

Sjoe, sjoe, sjoe.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Nog 'n gatslag vir Lox en Vroulief.
« Reply #20 on: March 05, 2012, 10:48:31 PM »
Sjoe! Ek lig my hoed vir hierdie twee mensies :icon_salut: :notworthy: glimlaggies en humor wat nog straal ... en toe ek die gerookte vye trosie raaklees word my oge nat nat nat  :crybaby2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Nog 'n gatslag vir Lox en Vroulief.
« Reply #21 on: March 06, 2012, 06:52:30 AM »
Foto's vertel net die helfte van die prentjie.  Die "gevoel", die reuk, die fyn detail wat die kamera se oog nie kan sien nie en soveel ander aspekte word nie oorgedra op 'n foto nie. 
Het julle die geweldige kontras tussen die swart verbrande vertrekke en die pragtige uitsig deur die vensters gesien?  Dit is so opvallend. 

Elsabé kan die storie kom vertel van die pers serpie wat Antoinette in haar hand hou. 
Dan kon hierdie twee mensies nie ophou praat nie, oor hoe wonderlik goed hulle bure en vriende vir hulle is  en hoe dankbaar hulle is dat hulle lewe en dat die son skyn!
Die humor het oral deurgeslaan. 

AB, sodra julle uitsluitsel gekry het oor die versekeringsituasie moet jy dit asseblief met ons kom deel. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Nog 'n gatslag vir Lox en Vroulief.
« Reply #22 on: March 06, 2012, 03:02:12 PM »
Ai ek is so jammer vir die seer en verlies - 'n moeder se heen gaan en 'n huis wat brand -
maar ek is so dankbaar dat julle so pragtig van binne is en dis juis hoekom die gemeenskap julle so lief het!

 :icon_salut:

ek sal so met tyd vir julle hier op die forum leer ken  :toothy4:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: Nog 'n gatslag vir Lox en Vroulief.
« Reply #23 on: November 21, 2012, 02:30:10 PM »
Sjoe.... Dit die eerste keer wat ek die fototjies sien! Ai het so besig geraak en verdwyn van die forum af.

Maak my hartjie sommer seer!!!
*The one and only AWESOME-EST


Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Nog 'n gatslag vir Lox en Vroulief.
« Reply #24 on: November 22, 2012, 12:25:04 AM »
ons kyk net vorentoe
die husi vorder fluks
hulel begin al onderlaag verf opsit
waterpype en krag is amper klaar
vlg week begin teel
en matte en kaste in kamers die week daarna
dan is dit seker omtrent klaar.
ons sien al uit na ons eie plak terug trek
is al moeg vri die 4,2 km heen en weer i paar keer op i dag.


Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Nog 'n gatslag vir Lox en Vroulief.
« Reply #25 on: November 22, 2012, 07:39:01 AM »
Ek hoop die twee weke vlieg om en dat die laaste stukkie vlot sal verloop.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: Nog 'n gatslag vir Lox en Vroulief.
« Reply #26 on: November 22, 2012, 09:34:10 AM »
Ek stem saam, hoop die tyd vlieg verby vir julle en alles word mooi en goed vir julle klaar gemaak!!
*The one and only AWESOME-EST


Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Nog 'n gatslag vir Lox en Vroulief.
« Reply #27 on: November 22, 2012, 01:20:33 PM »
die boue rhet netnou geseg hy wil die 4 de desmber klaa rwees. ek kan sien dit vorder vinnig nou

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Nog 'n gatslag vir Lox en Vroulief.
« Reply #28 on: November 22, 2012, 04:19:07 PM »
Ek hoop nie sy vrou het eers weer 'n "dringendheid" wat voorkeur geniet nie AB.  :angel4:

Ek vertrou hulle sal nou wikkel, die bouers sluit mos een van die dae. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Nog 'n gatslag vir Lox en Vroulief.
« Reply #29 on: November 22, 2012, 07:38:47 PM »
PM ek glo nie daars nou iets by sy huis nie, in elk geval die assesor was giser by my en geseg hy het die bouer gsiter oggend weer uitgetrap oor hy nog nie klaar is nie.
ek dink hys bang vir die assesor in die sin dat hy nei weer werk gaan kry van hom af nie.


Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Nog 'n gatslag vir Lox en Vroulief.
« Reply #30 on: November 23, 2012, 05:09:04 AM »
hy beter nie verbrou in sy haas na 4 Dec nie ...
hierdie vrou mag dalk in die kaap woon, maar sy is 'n stroere Vrystaatse nooitjie ... ek sal hom in 'n koester knoop dat nie eens sy ma hom sal erken nie ...  :angel4:

hou ons op hoogte AB
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w