Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Francois se plek => Topic started by: PM on November 07, 2012, 04:36:04 PM
-
Kom saam met my na die tuin
waar die dou aan die roos se volheid hang,
soos kristal skitter as die son
dié glorie saggies kus op sy wang.
Adem saam die blommegeur
liggies deur die oggendbries aangewaai.
Kyk as die blare lentedans
terwyl die daeraad nag nekomdraai.
Voel die lewe wat reeds ontwaak
as die natuur opstaan vir die nuwe dag,
smaak die polsslag wat lewe bring
terwyl alles om jou rustig wag.
Nes die tuin in ons lewe,
want ons hart soos die roos lê sluimerend
- ontwaak alleen met die streling
van iemand se warmte wat jy ondervind.
Ervaar die vars bries
wat Hy oor jou lewensbaan wil stuur,
antwoord op die twyfel waaroms
heling vir die hartseer wat ons moes verduur.
Maak jou hart se poorte oop
vir my liefde wat jou lewe wil deel.
So kan ons mekaar ophef
terwyl dié band ons geluk ewig verseël.
© Francouis
1982/09/29
-
Dit is prrragtig! Ek lief die gebruik van die witspasies - werk perrrrfek om die krag van die lieflike woordbeelde, te benadruk!!
-
Ek lief die gedig. Dit klink nog na die ou meesters se werk. Francois vra dat ons moet skuur en skaaf.
Is daar dalk 'n beter woord om te gebruik in die plek van "warmte".
-
Nabyheid / daar-wees / samesyn ?? Sal nog dink. Hierdie is toonomkrulmooi vir my:
terwyl die daeraad nag nekomdraai.
:love7: :notworthy:
-
Ek hou van samesyn. Dit het ook drie lettergrepe en halfrym met se. "se same-syn"
Ek sal dit vir hom voorlê vir goedkeuring matertjie. Dankie vir jou inset.
-
Hoop om nog vele skeppings uit sy 'tien getroue vriende' hier te sien en geniet PM!!
-
Dit sal kom sodra ek tyd het om dit oor te tik matertjie. Die meeste van Francouis se werk is nog in sy handskrif geskryf. Hy is 76 jaar en BBC. (Born before computers.) :icon_biggrin:
-
Maak jou hart se poorte oop ..... dis vir my die mooiste beskrywing ooit! 76 en duidlik kan ek baie kom leer by hierdie meester gebore before computers.
Ek wonder nou ook maar net ne .. is die spasies Francois sin of Petra sin ... dit lyk so na Petra se style en sy is 'n meester met die witspasies wat my breinselle nog in koeksiters knoop :toothy4:
my voorstel vir warmte :
Nes die tuin in ons lewe,
want ons hart, soos die roos lê sluimerend
- ontwaak alleen met die streling
van iemand se liefde-golwe wat jy ondervind.
-
Flink Wils!
Ek het vir Francouis en sy vrou op die plaas ontdek waar ons tuis gegaan het toe Hannes in Grootvlei gewerk het. Hy wou graag my mening hê oor sy skryfwerk en ek het hier en daar na iets gekyk en geluister hoe hy dit vir my voorgelees het. (Daar is nog vreeslik baie werk, ek sal met die tyd daardeur werk.) Ek het net eers hierdie een gekies en ja, ek het die tipografiese wit toegepas, net waar hy kommas gehad het.
Dankie vir jou inset matertjie, ek sal dit aan Francouis voorlê.
Anelia skilder die mooiste goed! Ek sal nog 'n skildery kom voorlê om gediggies daarby te skryf.
-
My plek geboek in voorste gestoelte :notworthy: :icon_salut:
-
:toothy4: myne is ook geboek
-
en so het die gordyn gesak, en Francois se werk word daaragter geskaaf? :love7: