Author Topic: Beste Voetjie.. toe nie  (Read 2476 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Beste Voetjie.. toe nie
« on: June 22, 2013, 08:06:42 AM »
Jy kry hierdie nuwerwetse mannetjies met die skouersakke gelaai met nuwe produkte en die bril op die oë, een hand in die sak en die ander hou die sleutels van die 4x4 vas.   Ook het hulle hierdie houding in die skouers en tred wat sê dat hulle weèt.  Alles.  Afspraaktye is ‘n lastigheid wat hulle terughou van hul wil om die dag te gryp en dit vir hulself toe te eien.  Myne.  Ek doen met die tyd wat ek wil. Punt.
Nou so skakel die mannetjie en sê hy kom ‘n uur vroeër en daag toe sommer nog vyftien minute voor die nuwe afspraaktyd op.  Staan sommer om te wys sy tyd is belangriker as enigiemand anders s’n.  Goed dan, kom maar in.  Nee, sê ek, ek gaan eers die kamer gou netjies maak nà die pasient wat nou net vertrek het.  Die mannetjie moes toe nog twee minute wag in tyd wat nie vir hom geskeduleer is.  Sien?
My baas is besig en kry nie tyd vir sy koffie nie.  Ek dog toe ek sal maar ‘n skinkbord inneem terwyl die mannetjie in elk geval te veel praat oor dinge wat niks met nuwe, en ou, produkte te doen het nie.  Jy kan die verligting op die manne se gesigte sien.  Want dis koud daar buite en die gesprek kan rek.  Nou moet ek ook net noem dat dieselfde mannetjie op ‘n vorige geleentheid vir my gesê het hy wil nie gewone koffie hê nie, net as dit ordentlike koffie is.  (Verbeel jou.)  Hy het sy kop geknik toe ek vir hom die vorige keer gewys het watter brand ons gebruik.
So praat hulle daar binne en ek kry ‘n skinkbord reg met die koffie wat die poefter ook sal geniet.  Ek gaan nie die brand hier noem nie, net dat dit 100% suiwer koffiebone is.  Dit is wat my baas geniet en after all, tog hy wat daarvoor betaal. 
So stap ek met die skinkbord in waar hierdie twee here sit en net toe ek agter die mannetjie kom, breek die skinkbord se een handvatseltjie en val die een beker met warm koffie ((on-)gelukkig) net-net sy agterstewe mis.  Dis net koffie waar jy kyk.  Die mannetjie skrik so groot vir hierdie kommosie (!.. nuwe woord?) agter hom, dat hy sy sleutelhouer bietjie styf vasdruk en sy 4x4 buite se alarm laat afgaan!!  Hahaha… ‘skuus, maar dit was hel funny.
Ek het sorry gesê, opgedroog en ander koffie gaan maak.


« Last Edit: June 22, 2013, 02:39:47 PM by PM »
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Beste Voetjie.. toe nie
« Reply #1 on: June 22, 2013, 09:25:48 AM »
 :icon_biggrin: Ek sien die prentjie voor my afspeel!   :icon_biggrin: Dit is hardlagsnaaks!
« Last Edit: June 22, 2013, 02:40:03 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Louis

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
Re: Beste Voetjie.. toe nie
« Reply #2 on: June 22, 2013, 10:24:24 AM »
hahahaha......simpel mannetjie
« Last Edit: June 22, 2013, 02:40:19 PM by PM »

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Beste Voetjie.. toe nie
« Reply #3 on: June 22, 2013, 07:12:17 PM »
nogal 'n verwande mannetjie? dis mos hy wat oor jou baas se besigheid verleƫ is, is dit dan nie die rede dat hy jou baas wil sien nie?