Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Cornelis se plek => Topic started by: Angelica on May 23, 2013, 05:06:37 AM

Title: Koos Lingeveldt
Post by: Angelica on May 23, 2013, 05:06:37 AM
Koos Lingeveldt*

Slaptjips en Coke
behaaglik suig hy,
olie van vuil vingers
soos suigstokkies
tussen gebreekte tande.
Plat op die randsteen
met ‘n teerblad as tafeldoek,
                                    die haute cuisine
van Koos, Koos Lingeveldt.
Op drie dae se leegte
pak hy dit in
en breek winde
van diep uit sy maag.

Die honger
van netnou vergete
in die plooie van sy lag.
Vergete ook die pyne
van Koos Lingeveldt vandag.
Maar as die son oor karton kombers
om sy dun lyf kom hang
en die tjips papier sy laaste zol omvou
spat die lewe weer aan skerwe
soos ‘n bottel
teen die muur
en terug is die pyn
in Koos Lingevledt se dag.

©Cornelis

*Die naam het geen betrekking op enige persoon nie.
Title: Re: Koos Lingeveldt
Post by: Fransi on May 23, 2013, 09:37:38 AM
Werklik besonders en aangrypend geskryf.
Title: Re: Koos Lingeveldt
Post by: adele on May 24, 2013, 09:16:01 AM
Koos Lingeveldt*

Slaptjips en Coke;     dalk afsluit met 'n ; ?
behaaglik suig hy
olie van sy vuil vingers
soos suigstokkies
tussen gebreekte tande.
Plat op die randsteen
met ‘n teerblad as tafeldoek,
                 die haute cuisine
van Koos ... Koos Lingeveldt.          ... ?

Op drie dae se leegte
pak hy dit in
en breek winde
van diep uit sy maag.
Die honger
van netnou is vergete
in die plooie van sy lag;         ; ? dan volg 'n kleinletter?
vergete ook die pyne
van Koos Lingeveldt vandag.

Maar as die son oor kartonkombers    een woord?
om sy dun lyf kom hang
en die tjipspapier sy laaste zol omvou,     een woord?   komma?
spat die lewe weer aan skerwe
soos ‘n bottel
teen die muur
en terug is die pyn
in Koos Lingeveldt se dag.    net 'n vingerfout

©Cornelis

*Die naam het geen betrekking op enige persoon nie.

ek het die paragrawe verander soos dit vir my bymekaar wil pas ... MAAR, soos altyd, is dit vir die digter se eie keuse.

 :grommit:  
Title: Re: Koos Lingeveldt
Post by: PM on May 25, 2013, 08:17:12 AM
Dit is 'n baie oulike gedig en ek hou van die vergelykings wat jy gebruik het Cornelis. 
Ek het 'n paar woorde omgeruil en die titel verander. Wat dink julle?

Slaptjips en Coke

Deur gebreekte tande
suig hy behaaglig,
soos aan suigstokkies,
die olie van sy vuil vingers af.
Plat op die randsteen
met ‘n teerblad as tafeldoek,
die haute cuisine
van Koos     Koos Lingeveldt.

Op drie dae se leegte
pak hy dit in
en breek winde
van diep uit sy maag.
Die honger
van netnou is vergete
in die plooie van sy lag;         
vergete ook die pyne
van Koos Lingeveldt vandag.

As die son oor kartonkombers   
om sy dun lyf kom hang
en die tjipspapier sy laaste zol omvou,     
spat die lewe weer aan skerwe
soos ‘n bottel
teen die muur
en terug is die pyn
in Koos Lingeveldt se dag.   

©Cornelis
Title: Re: Koos Lingeveldt
Post by: Fransi on May 25, 2013, 09:05:34 AM
Ek hou regtig baie daarvan PM.
Title: Re: Koos Lingeveldt
Post by: PM on May 25, 2013, 09:10:08 AM
Dankie vir jou inset Fransi.   :love7:
Title: Re: Koos Lingeveldt
Post by: Cornelis on May 27, 2013, 11:48:36 AM
Hi, Hierdie gedig kom uit my self-gepubliseerde bundel "Libithanos" so ongelukkig moet die naam so bly.
Title: Re: Koos Lingeveldt
Post by: PM on May 27, 2013, 02:10:21 PM
Ek kom nou net hier aan en is heerlik verras om jou hier raak te lees.  Baie welkom.  Is goed so, ek behou die titel.