Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Naas on June 17, 2011, 11:32:15 AM

Title: 'n Nuwe Reis
Post by: Naas on June 17, 2011, 11:32:15 AM
My kind,
hier eindig ‘n reis.
‘n Reis begin in doeke
gevul met giggel jolyt
en hartseer trane.
Jou eerste treë wankelrig
en in doeke toegedraai.
Die laaste treë netnou
in die kerkgang af,
selfversekerd,
dog huiwerig.
Vol afwagting,
vol verwagting.
Die reis saam met ons
het jy voltooi.

My Kinders,
Julle staan op ‘n lughawe na êrens
aan die arm van ‘n nuwe reisgenoot.
Die pad onbekend,
die bestemming...
Wie sal weet?
Jul nuwe pad
vol skaterlag
en hartseersnik
word verlig deur
vertroue...
ondersteuning...
samewerking...
verstaan...
verdra...
liefde...

Daarom,
my Kinders,
bid ek julle toe
‘n helder, verligte, breë, pad.
Instand gehou deur Jesus
Reis in vrede, vreugde, geluk en liefde.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: 'n Nuwe Reis
Post by: PM on June 17, 2011, 11:40:38 AM
Ag nee man,  is dit nou nodig om my te laat tjank? 

Naas,  hartlik geluk met die huweliksbevestiging van julle pragtige meisiekind.  Ons is in gedagte met julle en hoop die pad vorentoe sal vir hulle net geluk inhou!   :love7: 
Title: Re: 'n Nuwe Reis
Post by: Meraai vannie Baai on July 07, 2011, 02:53:56 AM
Eerste keer toe ek dit lees op die gevreetboekie moes ek sluk, nou het ek moedopgegee en die fonteine maar laat vloei  :love7:
Baie geluk nuwe skoonpa!!
Title: Re: 'n Nuwe Reis
Post by: PM on October 18, 2011, 01:57:22 PM
Ek hou hierdie een vir ons volgende boek Naas.  Jammer ek het eers weer 'n bietjie laat hier aangekom.  Dit is so mooi geskryf.
Title: Re: 'n Nuwe Reis
Post by: Angelica on October 18, 2011, 07:11:01 PM
Wat 'n wonderlike ding om met 'n ouer te gebeur, om te sien jou kind is so gelukkig en so verlief.
Ons hoop net die beste vir jou kinders toe.
Title: Re: 'n Nuwe Reis
Post by: PM on October 19, 2011, 07:29:08 AM
'n Gelukkige kind maak 'n gelukkige ouer.  Dit is 'n mooi vormgedig.  Wie sê ons mag nie weer die vormdig in die volgende boek sit nie.  Ons moet nog hiervan skryf.