Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => PM se plek => Topic started by: PM on May 09, 2011, 02:17:30 PM
-
Woorde
Is water
wat in dun straaltjies ontspring,
om op te bou in golwe wat oorstort en
verander in riviere
wat vaartuie wegvoer na plekke van ongekende vreugde,
om uit te kring tot by die monding van ontvanklikheid,
ver bokant my begrip verhewe.
Dis ‘n magtige krag
wat my siel voed,
my dors les,
die eb en vloed van my bestaan is.
Die hartklop van my handel en wandel.
Dit gee lewe,
bring groei,
versadig my dors na kennis,
benat my droë aarde en
kenter dit tot sublimiteit.
Woorde is ‘n beleë volronde rooiwyn
wat met die tyd ryp word en tot wasdom bloei.
-
:love7: Woorde is ‘n beleë volronde rooiwyn
wat met die tyd ryp word en tot wasdom bloei.
-
Soms verwonder ek my aan waar die "gedagtes" vandaan kom. Soms is die woorde soos 'n teepottuit, dit "skink" sommer vanself. :dontknow:
-
Dis waar, vriendin, ek het al verstom gesit wanneer ek iets griffel, en woorde rym en ritme sommer in plek, of 'n volgende gedagte kom aangestap om iets af te rond, net wanneer ek al moed opgegee het. Daarom sê ek meeste van my woorde en afronding kom van Bo af.
-
Soms wanneer die ABC so ingespan word, ontbreek woorde my en moet ek staat maak op prentjies... :notworthy: :hello2: :icon_salut:
-
:toothy4: Ek hou van jou prentjies Raaitjie. :love7: :bootyshake: