Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Die Gorrel plek => Topic started by: AB on May 31, 2013, 04:48:37 AM

Title: hond
Post by: AB on May 31, 2013, 04:48:37 AM
‘n Man loop in die park waar hy 'n vrou op 'n bank sien sit met 'n hond wat langs haar lê. Hy is baie lief vir honde en wil die hond streel, maar eers vra hy haar: "Mevrou, byt jou hond?"

"Nee, my hond byt nie."

Die man vryf oor die hond se kop, maar die dier hap sy hand dat die bloed loop. Woedend skree hy vir die vrou: "Ek dog jy sê jou hond byt nie!"

"Hierdie hond,'' sê die vrou komkommerkoel, ''is nie my hond nie."
Title: Re: hond
Post by: Meraai vannie Baai on May 31, 2013, 07:15:11 AM
Mens moet FYN luister voor jy doen ou Stoffel  :toothy4:
Title: Re: hond
Post by: PM on May 31, 2013, 07:33:31 AM
Hahaaaaa.  Die simpel vrou.   :icon_biggrin:
Title: Re: hond
Post by: AB on May 31, 2013, 07:47:17 AM
ja marieta dis war wat jy seg
ns...dis 'n pragtige foto van jou daai nuwe avatar
Title: Re: hond
Post by: Meraai vannie Baai on May 31, 2013, 07:56:13 AM
Dankie vir die mooi compliment mater. Fototjie vandag vir my sus in SA geneem en gedog dis tyd om myself weer bietjie in die oge te kyk  :icon_bigsmurf: