Die Afrikaanse Forum

Digkuns => Digformules of -strukture => Topic started by: PM on June 19, 2011, 11:42:52 AM

Title: Pleiades gedigstruktuur
Post by: PM on June 19, 2011, 11:42:52 AM
Pleiades
In astronomie is die Pleiades ‘n groep van sewe sterre,  wat ook bekend staan as die sewe susters, in Taurus.  Dalk is Craig Tigerman, die vader van hierdie gedigstruktuur,   planeetmal soos ek.  Ek hoop nie hy ly ook aan FMS  nie.  (Full moon stress)   :icon_biggrin:

Pleiades laat slegs een woord vir die titel toe, gevolg deur ‘n enkel sewe reël stanza van ses lettergrepe, of ses woorde per versreël. 
Die eerste woord in elke versreël begin met dieselfde eerste letter van die titel.  Die tema van die gedig word in die titel aangedui.

Voorbeeld:  (Hier was die see buitengewoon rof toe ek die voorbeeld geskryf het.)

Oseaan

Ordelik is jy nie
Ook nie vrygewig nie
Onmenslik is jy wel
Offer geen warmte
Of vriendelikheid nie
Opgeswelde golwe
Oorgehaal vir die stryd

Hier is een gedig deur Starkat  en kyk hoe gebruik die skrywer die T deurlopens in die gedig wat met ses woorde per versreël geskryf is.  Let ook daarop dat al die versreëls nie slegs uit ses woorde bestaan nie.

Train
Ticket to a treasure-trove of memories
Traveling through a tapestry of scenery
Trudging and trundling over tough terrain
Tirelessly towing tourists and boxcars full of freight
Tooting horn in tunnels, tippy-toeing through sleepy towns
Tickling childhood fancy with a comfortable chug, chug
Think I can, think I can, the wheels sing round and round
- written by starkat

Kom skryf asseblief mooi voorbeelde en lewer julle insette. 

Title: Re: Pleiades gedigstruktuur
Post by: Meraai vannie Baai on June 20, 2011, 05:27:11 AM
Sjoe PM die ene het kopkrap gekos  :bootyshake:

Mensgemaak ...

Met woord en daad is daar
Meer kwaad gesaai as deur
Moordenaars in selle
Met wapens in die hand;
Magteloos verdoem, treur
Mismoediges, in hul
Mensgemaakte grotte.

©Meraai vannie baai
Title: Re: Pleiades gedigstruktuur
Post by: PM on June 20, 2011, 01:45:13 PM
Dankie Raaitjie, dit is pragtig! 

Die langnaweek het almal goed besig gehou.  Hoop hulle kom gou aangedraf met nog 'n paar voorbeelde!
Title: Re: Pleiades gedigstruktuur
Post by: Meraai vannie Baai on June 20, 2011, 11:24:53 PM
Ek het solank die skinkbord gepak vir ons!
Title: Re: Pleiades gedigstruktuur
Post by: Fransi on June 21, 2011, 03:56:40 PM
 :hello:

Sjoe, dit is toe nie so maklik nie. :-)

My poging is nou nie so goed nie, maar hier volg dit:

Snoeshaan:

Snoef gesnater en sylangse pitte pik
Skrophaal slegs skade op eie mishoop.
Sinjaal die snuit van breëbors haantjie
Se koggel, kraai tot triestig verhaal.
Strot afgepluk en nekomgedraai, pryk swierig
Stertveer nou in Boer se hoed.
Skaar henne nou by sediger groep.
Title: Re: Pleiades gedigstruktuur
Post by: PM on June 21, 2011, 05:50:37 PM
 :hello2:  Dit is goed gedoen Fransi!  Soms gly die strukture sommer uit 'n ou se pen,  en soms moet jy behoorlik kopkrap! 

Baie dankie dat jy saam speel.   :love7:
Title: Re: Pleiades gedigstruktuur
Post by: Meraai vannie Baai on June 21, 2011, 11:02:56 PM
Pragtig en ek het die humor geniet wat jou beeldende woorde geskep het vir die leser  :hello2:
Title: Re: Pleiades gedigstruktuur
Post by: Fransi on June 22, 2011, 07:32:12 AM
 :hello:

Dankie PM en Meraai, hierdie was beslis 'n uitdaging. :-)
Title: Re: Pleiades gedigstruktuur
Post by: PM on November 13, 2011, 05:59:46 PM
Ons wag nou vir die ander om te kom saamspeel.  Trappies, Naas, Gawie, Ellé kom probeer toe!  Almal is welkom.