Woordskuur > Woordbou

Wat is "flashing"

(1/2) > >>

PM:
Ek soek 'n mooi woord vir die "flashing" wat by watergeute gebruik word.  Die Afrikaanse woord is druprandflits, maar as jy nie die term ken nie sal jy beslis  nie weet wat dit beteken nie.   
'n Flits vir my is heel iets ander, 'never mind' druprand.

Naas:
Niemand gaan weet waarvan jy praat as jy na druprandflits of watergordyn of geutkondoom soek nie.
Die doel is om die regte produk te kry sonder taalverwarring. So vra maar vir "flashing" en kry wat jy soek.

 :icon_bigsmurf:

PM:
Naas. ek soek 'n mooi woord vir "flashing"! Ek het klaar die "flashing" gekry!  :icon_biggrin:   Ek soek nou na 'n woord wat so beskrywend is wat skrik vir niks nie.  Wat de hel is dit?  'n Water-terugskiet-plaat of wat?  Help tog asseblief.

Naas:
Dis altyd vir my opmerklik dat ons in afrikaans beskrywend praat. As ek 'n naam vir iets soek noem ek dit wat die beskrywing daarvan is. Soos bv jou waterterugskietplaat. In die proses raak die woord lomp en gaan almal maar net aan om die Engelse naam te gebruik want dis kort en kragtig.
Wat van ketsplaat of ketser.
Maar as jy nou van ketser begin praat gaan die mense dink jy is mal?
In afrikaans maak ons nie maklik nuwe woorde nie. Ons pas ander tale se woorde aan of beskryf die voorwerp.

 :icon_bigsmurf:

PM:
Ek het nou al redelik gesit en kibbel oor die beskrywing.  Die doel van die plaat is om die water terug te gooi teen 'n plaat om te verhoed dat die water terug spat onder die dak in en op die plafon beland.  Wat van 'n oorgooiplaat?

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version