Bak en brou > Kruie en speserye

Kruie en speserye

<< < (3/4) > >>

PM:
Dan dooi ek liewers.   :icon_biggrin:  'n Mens kry mos daardie pienk sout.  Seg hulle dit is 'n goeie plaasvervanger. 
Dit sal gaaf wees Raaitjie. 

AB:
op skool het daar 'n storie geloop: as jy jou kopvel met mengsel van rooswater en klapper olie insmeer sal jou hare vinniger groei..........ons seuns wou mos almal lang hare gehad het.

Marius:
gesteel en uitgedruk en agter die kombuisdeur se knipbord... dankie

Marius:
Ek maak ook lysies bymekaar vir gebruik in gedigte en die is nou ook daar.

Meraai vannie Baai:
Die man van my hart voor sy kruiekas in ons pandok, aan't skoonmaak en regpak. Daar is 'n
geurige verhouding tussen hom en die inhoud van hierdie kaste, so ek hou my lyf skraal skaars.
As ek die regpak moes doen sou alles alfabeties, klein na groot, volgens kleur gerangskik wees.

  :icon_biggrin:

Op die dag het hy besluit daar kort nog pakplek, so dit timmer en kap toe vir 'n vale!
Net solank my kruie en groentes (op canvasse en agter glasraampies) op hulle plekke bly pronk,
is ek in my noppies en kan hy maar voortkruie op sy speseryepas.

 

Hy het resepte van die American Heart Society gekry
en beloer die spulletjie om te sien watter kruie skort.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Go to full version