Bak en brou > Beesvleisgeregte

Bees Straganoff

(1/1)

Terry:
Bestanddele:

1/2kg beesvleis (ons het 'n groot T-bone oorskiet gehad en sommer dit gebruik)
2 uie
1 blikkie sampioen roomsous
1 koppie room
sout en baie swartpeper

Metode:

Braai jou uie in olyfolie tot sag.  Voeg jou opgesnyde bees by uie en braai tot gaar.  Sit jou blikkie sampioensous by en braai vir so 5 minute.  Gooi dan jou room, sout en peper by. 

Bedien op met basmati rys of pasta. 

Absoluut heerlik!

PM:
Dit lyk baie lekker en as ek kan kies sal ek oodles of noodles kies!  Dankie vir die deel Terry. 

Navigation

[0] Message Index

Go to full version