Author Topic: Novembermaand...  (Read 2597 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Novembermaand...
« on: November 16, 2011, 07:48:07 AM »
Oktobermaand is veronderstel om die mooiste maand te wees.  Hierdie jaar geniet ek November op sy mooiste.
Nadat ons tuine in hierdie geweste onder 'n hewige haelstorm deurgeloop het, begin alles nou weer beter lyk, maar die mooiste van als is die mamma voëltjies wat hulle babatjies voer.  Dit neem ook nie lank vir die kleingoed om agter te kom hoe mamma die saaitjies afdop nie.  Hulle kom sit al self op die saadbakkies en eet. 
Dit is te kostelik om te sien hoe die mammas spring-spring met twee kleintjies agterna. 
Ek het nog nooit 'n mossie gesien met vier babas nie.  Dit lyk my dit gaan 'n vrugtevolle jaar wees.  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Novembermaand...
« Reply #1 on: November 16, 2011, 08:00:07 AM »
:-) My man het juis gister 'n nessie met babavoëltjies in ons prieël ontdek. Te pragtig!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Novembermaand...
« Reply #2 on: November 16, 2011, 11:13:44 AM »
Dit is 'n fees om die proses dop te hou.  Vandat meneer so pronkerig raak tot die kleingoed self eet. 
Dit verskaf my soveel plesier.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Novembermaand...
« Reply #3 on: November 30, 2011, 10:04:16 AM »
 :hello:

Dit is pragtig en ek het gister en vanoggend twee kiewiete gesien wat in ons erf rondloop en Skillie het ook uiteindelik weer sy kop kom uitsteek (in die groentetuin :-)
Die natuur het die manier om 'n mens oomblikke van vrede en eenwees te gee.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Novembermaand...
« Reply #4 on: December 01, 2011, 06:37:45 AM »
Jy praat van Kiewiete.  Hannes het eers gister begin werk na sy Sjina-episode  :icon_biggrin:
(het mos drie dae in Hong Kong vasgesit, verstaan nie veel van 'n
 "single entry visa" nie :icon_biggrin:
toe ry hy Dinsdag saam met my na die drukkery toe, wat op 'n kleinhoewe is.  Daar is  'n Kiewiet-mamma met twee donskuikentjies.  Te fraai vir woorde. 
Jy is reg Fransi, ek kan nie verstaan hoe mense toe oë deur die natuur kan gaan nie.
Hier op my bakkies is juis 'n breë glimlag vir 'n Kaapseluister-mannetjie wat letterlik vlerk sleep.  Die wyfie "speel moeilik".  Sy is nie "tjiep-tjiep" nie.  :icon_biggrin:
As Hannes gaan vleis koop dan kry hy van die maalvleissaagsels.  Ons rol dit in bolletjies, sit 'n stukkie kleefplastiek oor en elke oggend haal ek een bolletjie uit vir die vleisvretertjies.  Hulle lief dit en dit gee my groot plesier om hulle te sit en dophou.
Om te weet is om te verstaan.