Author Topic: botswana caprivi 13 C  (Read 4337 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
botswana caprivi 13 C
« on: July 12, 2011, 07:52:11 PM »
432 dis ontbyt tyd



432 wys son op oor Kwando rivier


Ons sou een nag daar slaap toe is dit so nice dat dit 2 nagte raak en ek is seker as ons meer tyd gehad het sou dit maklik 4 nagte kon wees.

6 heerlike groot kamppeer plekke, ver uit mekaar, kan maklik 4 tot 6 karre en tente op een plek staanmaak.
koste min of meer R100 pppd, wat R70 kampfooi en R30 resefaat toegang is en nog R10 per voertuig per dag.

die kampeer plekke is almal teenaan die rivier.

seekoei het kom wei 2 de nag in die kamp terwyl ons braai.

433


Ablusie geriewe is voldoende, 2 blokke wat elk gedeel is helfte mans en helfte vroue, met 2 storte en 2 toilette vir elke geslag in elke ablusie blok. Altyd warm water.

434

Ons het die kampopsigter gevra waar kan ons boot huur om vis te vang. Hy sê ons moet net langsaan gaan na die SusuweIsland lodge, op die toeter druk en iemand sal daarheen kom en dan vir hulle vra.
Ons maak toe so en na so 5 minute kom Theuns en sy vrou Natasha met die plat boot daaraan. Hulle sê dis reg vir die middag ½ 4 enons moet net die petrol betaal.

435


Ons ry toe verder en hier by Horse shoe watergat eers ‘n foto geneem. Die rivier maak ‘n perdeskoen draai daar en jy kan dit duildelik op google earth sien. S 17 gr 53,827’ en O 23 gr 17,152’
Hier drink ek aussie bier wat in Botswana gekoop is en deur zambië na caprivi gereis het.
Hier by hierdie watergat kom glo duisende diere suip in die droeë tye. Ons het min wild gesien wat daar was nog baie water in die veld in panne ens.
436


438 skilpad het ook dors geraak.



Ons het verder gery, seekoei wat buite wei, rooibokke en koedoes gesien. Die diere was baie mak en nie weggehardloop nie.

Die pad maak ‘n sirkel en die plan was om in die rondte te ry maar die gras het al langer geraak en die pad al natter. Na 2 weke van tevore se vassit in modder besluit ons net daar dis omdraai tyd want ons is al mense in die hele resefaat behalwe 2 kamp opsigters en Susuwe lodge se mense wat op ‘n eiland sit. En hier is nie trekkers naby nie.
439
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: botswana caprivi 13 C
« Reply #1 on: July 13, 2011, 10:20:35 AM »
Ag,  wat 'n fees!  Ek dink hierdie toer van jou sal my die naaste aan daardie buitewyke bring as wat ek kan wens om te kom!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: botswana caprivi 13 C
« Reply #2 on: July 13, 2011, 06:52:16 PM »
ek verlang sommer al weer na die plek net om na die fotos te loer.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.