Digkuns > Digformules of -strukture

Chiasmus (ky-AZ-mus)

(1/4) > >>

Meraai vannie Baai:
Chiasmus (ky-AZ-mus) is die patroon waarin woorde gerangskik word om dan weer herhaal te word in omgedraaide (reverse) vorm.

Seker een van die bekendste aanhalings in 'n verwerkte Chiasmus-vorm is die woorde deur John F. Kennedy  “Ask not what your country can do for you but what you can do for your country.”

Die digter/skrywer, kan hierdie soort van skryfvorm gebruik om deeglik gestruktueerde idee's oor te dra wat blywende indrukke op die leser laat met die herhaalde voorkoms van gedagtes in kruisvorm. Wonderlike skryfoefening waarmee jy jou skryfstyl kan opkikker!

Die woord is afgelei van die Griekse letter chi wat soos 'n X lyk. Dit stel dan ook die kruising voor in die twee gedagtes wat herhaal word. As jy wil weet of jou stelling / aanhaling 'n chiasmus is, pas jy bloot die X metode toe.  Om te verduidelik met voorbeelde uit die Bybel:

Let op na die kruis (X) wat denkbeeldig getrek kan word tussen die herhaalde woorde in die volgende voorbeelde:

Matt. 23: 11-12
 
Maar wie homself verhoog, sal vermeder word,
en wie homself, verneder, sal verhoog word

En ook in Matt. 19:30

Maar baie wat eerste is, sal laaste wees,
en wat laaste is, sal eerste wees

Wanneer jy op kreatiewe manier met indentasie hierdie skryfvorm toepas kan dit visuele plesier verskaf aan die lesers. Verskoon die Engels maar dit is een van die mooiste en bekendste voorbeelde om die vorm bekend te stel aan ons lesers.

Genesis 9:6:

A   Whoever sheds
  B   the blood
    C     of man
    C'     by man shall
  B'   his blood
A'   be shed

As ons die volgende sin as voorbeeld gebruik: Eet (A) om te lewe (B), nie lewe (B) om te eet (A) nie, sal dit dan so geplaas kan word:  

A *******

      B *******

      B*******

A *******

Die vorm kan ook uitgebrei word met meer woorde en skematies sal dit dan so vertoon:
A B C D D C B A

 A *******

      B *******

         C *******

            D *******

            D *******

         C *******  

    B *******

  A *******

Chiasmus definisie van die 'middelklas'
Te arm om ryk te wees; te ryk om arm te wees.

By hierdie skakel is 'n paar wonderlike gedigte wat die maters lankal vir die woordeboek geskep het:
http://www.woesblog.com/chiasmus-kyazmus-n-kreatiewe-skryfvorm

*Vir nog voorbeelde en meer breedvoerige beskrywings besoek asb die erwe:
http://www.wisegeek.com/what-is-a-chiasmus.htm
http://www.drmardy.com/chiasmus/definition/definition1.shtml

Meraai vannie Baai:
Hier is 'n paar pragtige chiasmus-uitdrukkings van Langenhoven:

*Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.
 
*Daar is mense wat kan doen wat hulle wil, maar dit is die wat wil doen wat hulle kan.
 
*Hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie: hy is 'n suinige man wat ryk geword het.
 
*Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns nie.
 
*Ek sê nie al die suur mense is fariseërs nie. Maar naastenby al die fariseërs is suur.
 
*Leen jou ore uit aan iedereen wat 'n tong het, maar moenie jou tong uitleen aan iedereen wat ore het nie
 
*Moenie by die hemel gaan soek na die engele nie, soek by die engele na die hemel.
 
*Die slegte ambagsman beveel sy werk aan; goeie werk beveel sy ambagsman aan.
 
* Betaal 'n donkie se prys en moenie 'n perd se diens te wagte wees nie - maar jy betaal maklik 'n perd se prys en jy kry 'n donkie se diens.
 
*Waar is die waarheid. Ja, waar is hy, dis waar. Maar waar is hy?

PM:
Jy is 'n staatmaker, dankie Raaitjie.

Sy is mooi van ver af, maar ver van mooi af. 



 

Meraai vannie Baai:
Wrintiewaar die waarheid daai ene PM  :toothy4:

Meraai vannie Baai:
Juffrou Gawie sit toe chiasmusties en wonder op die gevreetboekie:
 ...hoe lank dit sal neem voor hierdie brulpadda sal besef dat dit die prinses was wat 'n padda tot prins kon soen en nie die prins wat die padda tot prinses gesoen het nie.  :notworthy:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version