Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Angelica on October 30, 2011, 07:17:18 AM

Title: Don't bite the hand...
Post by: Angelica on October 30, 2011, 07:17:18 AM
Don't bite the hand that feeds you, you might starve...
.. is die woorde waarme ek vanoggend wakker word.
Ek word soms wakker met woorde wat in 'n bondeltjie op die tip van my tong sit en wag om gese te word.
Waarom hierdie spesifieke bondeltjie, weet ek nie.
Maar wat ek wel al gehoor het, is dat besighede miljoene rande skade lei deur daardie klein bietjies wat (on)-skuldig deur werkers weggedra word.
Title: Re: Don't bite the hand...
Post by: PM on October 31, 2011, 09:51:15 AM
Dit is nou 'n ware waarheid daardie Ellé.  Wat die werkers nie besef nie, is dat hulle op die ou einde tog net betaal vir dit wat hulle wegdra, want more betaal nie net hulle nie, maar die hele samelewing, net meer vir dit wat hulle aankoop, om daardie verliese te dek. 
Die slim mense sê ons sal minimum van 50% minder betaal vir items, as dit nie vir hierdie diefstalle is nie.